SA RECIPES3


AMERIKAANSE POTTING SOIL TERT

Bestanddele:
4 x bokse Swart Oreo koekies
2 x bakkies maaskaas
4 x koppies melk
2 x pakkies instant pudding (Vanilja)

Metode:
Rasper met grof kant al die Oreo koekies
Meng Instant pudding met melk.
Voeg maaskaas by
Vat 'n diep glas bak en pak 'n laag gerasperde koekies dan helfde van die pudding mengsel.
Maak sulke lae en heel laaste gooi van die Oreo koekies op.
"Die hele geheim van dit is die rasper van die koekies en dit moet die swart oreo koekies wees."
Terug Na Begin

APPELTERT 1

Kors:
500ml ongesifte koekmeelblom
250ml suiker
10ml bakpoeier
2ml sout
250g margarine

Vulsel:
1 x blik onversoete tertappels, fyngekap (385 g)
125ml suiker
75g koekmengsel-drovrugte ( koppie) (125 ml)
2ml kaneel
1ml fyn naeltjies
knyppie sout
1 teelepel hoogvol vlapoeier aangemaak met 'n bietjie water

Metode:
Sif die koekmeelblom, suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarine met die vingertoppe hierin totdat dit 'n deeg vorm. Bedek die deeg en laat dit 'n rukkie rus. Voorverhit die oond tot 180C (350F). Druk die helfte van die deeg teen die wand en op die boom van 'n oondvaste tertbord. Meng die tertappels, suiker, drovrugtemengsel, kaneel, naeltjies en sout goed saam. Skep dit in 'n kastrolletjie en verhit stadig. Roere vlapoeier by mengsel totdat dit begin verdik. Laat afkoel. Skep op die kors in die tertbord. Rasper die res van die deeg grof bo-oor. Bak die tert 20 minute of totdat die deeg begin verbruin. Sit dit louwarm of koud voor. Die tert vries ook goed.
Terug Na Begin

APPELTERT 2

Koekmengsel:

Bestanddele:
1 k koekmeelblom
Knippie sout
2 eiers
1 t bakpoeier
k melk
k suiker
1 klein blikkie tertapples (425 g)

Metode:
Klits eiers goed.
Voeg suiker by en klop.
Sif meelblom, bakpoeier en sout.
Voeg by eiermengsel om die beurt met melk.
Klop goed.
Gooi in gesmeerde tertbord.
Rangskik tertappels eweredig in die koekmengsel.

Bak vir 'n halfuur teen 180C / 350F .

Stroop:
k suiker
1 k room
1 t karamelessens
Kook bogenoemde saam vir 5 minute.
Gooi kokend oor gaar koekmengsel.
Terug Na Begin

APPELTERT 3

Bestanddele:
1 koppie Suiker
3 Eetlepels Botter/Margarien
1 teelepel Bakpoeier
'n knippie Sout
3 Eiers
1 koppie Koekmeel
1 koppie Room of Ideal Melk
1 koppie Suiker
1 blikkie Tertappels

Metode:
Klits die Suiker en Botter baie goed saam tot lekker dik. (Hoe dikker,
hoe lekkerder).
Voeg die eiers een vir een by.
Vou die Meel, Bakpoeier en Sout met 'n houtlepel in. (As jy dit klits,
gaan die rys uit).
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde plat bak.
Pak die tertappels bo-op die mengsel en bak by 180c / 350F tot gaar.
Kook intussen die Room en Suiker saam.
Wanneer die tert gaar is, gooi dit bo oor en sit terug in die oond vir so
3 minute.

Dis al en baie lekker. Jy kan dit ook gebruik vir 'n poeding met vla en roomys daarby.
Terug Na Begin

APPELTERT 4

Koekmengsel Bestanddele:
1 k koekmeelblom
Knippie sout
2 eiers
1t bakpoeier
k melk
k suiker
1 klein blikkie tertapples (425g)

Metode:
Klits eiers goed.
Voeg suiker by en klop.
Sif meelblom, bakpoeier en sout.
Voeg by eiermengsel om die beurt met melk.
Klop goed. Gooi in gesmeerde tertbord.
Rangskik tertappels eweredig in die koekmengsel.

Bak vir 'n halfuur teen 180c / 350F .

Stroop:
k suiker
1 k room
1 t karamelessens
Kook bogenoemde saam vir 5 minute.
Gooi kokend oor gaar koekmengsel.
Terug Na Begin

ARMMANSPOEDING 1

Bestanddele:
3 kop Meelblom
3 teel Koeksoda
3 eetl Margarine
1 kop Melk
3 eetl Gouestroop
Sout

Metode:
Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer in.
Sif meel en sout in en meng deeglik.

Stroop:
Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in 'n groot kastrol.
Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook.
Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook.
Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.
Terug Na Begin

ARMMANSEPOEDING 2

Bestanddele:
1 Koppie meel
1 Eetlepel botter
3/4 Koppie suiker
1 Desertlepel appelkooskonfyt
1 Eier
1 Teelepel asyn
1 Gelyk teelepel koeksoda
Sout
1 Koppie melk

Metode:
Meng meel en suiker en vryf botter in. Klits eier en konfyt saam. Voeg by
eerste mengsel. Meng melk met koeksoda en asyn en voeg by mengsel. Bak vir
1/2 uur by 180C / 350F.

Sous:
1 Koppie room 3/4 Koppie suiker
1/4 Koppie botter 1/2 Koppie kookwater

Kook alles saam. Gooi warm oor poeding wanneer uit die oond kom. Bedien warm
of afgekoel met vla.
Terug Na Begin

ASPERSIETERT

Kors Bestanddele:
1 kop. meelblom.
1/4 tl. sout.
1 1/2 eetl. melk of eier.
1/2 kop. olie.
1 tl. suiker.
1 tl. bakpoeier.

Metode:
Sif dro bestanddele saam. Klits eier of melk met olie en meng met
dro bestanddele. Druk vas in tertpan en bak vir 10 minute. teen
200C / 400F.

Vulsel Bestanddele:
1 blik aspersies.
2 eetl. gerasperde kaas.
4 eetl. krummels.
1 1/2 kop. vloeistof van aspersies en melk.
2 eetl. botter.
1 eetl. meel.

Metode:
Maak witsous van meel, botter, sout en vloeistof. Pak aspersies in
kors. Strooi kaas en broodkrummels oor en skep witsous bo - oor.
Nog kaas en krummels bo - oor. Bak teen 190 Grade C vir 10 - 15min
Terug Na Begin


BEETATJAR / BEETBLATJANG


Bestanddele:
2 groot bossies beet
8 - 10 uie
6 eetl. Sterk kerriepoeier
1.5 kg. Suiker
1.5 liter bruin asyn
sout en peper na smaak
3 eetl. Olie
4 eetl. Maizena

Metode:
Kook beet tot sag en rasper.
Braai uie in olie tot ligbruin.
Voeg by beet.
Voeg kerriepoeier, suiker, asyn, sout en peper by. Bring tot kookpunt
Meng maizena in water en voeg by. Prut tot verdik.
Bottel warm en bre.
Terug Na Begin

BEET BLATJANG

Meng en bring tot kookpunt:
2 koppies bruin asyn
3 koppies suiker

Meng die volgende saam: Voeg bymekaar
6 koppies gaar beet in blokkies gesny
2 uie gekap

Meng die volgende en voeg by die kokende mengsel:
3 teelepels kerrie
1 teelepel sout

Kook vir sowat 10 minute

Voeg die volgende by:
45 ml. Mazeina gemeng met bietjie water

Voeg by die kokende mengsel en kook deur.

Bottel in gesteriliseerde bottels terwyl nog warm is.

Terug Na Begin

BESKUIT 1

Bestanddele:
1 kg selfrysende bakmeel.
500 gram koekmeel.
100 gram maisena.
50 gram custardpoeier.
2.5 koppie suiker
2.5 koppie kokosnoot.
5 teelepels bakpoeier.
1 teelepel sout.
1 teelepel vanielje.
3 eiers
500 gram margarien.
500 mliter karringmelk.

Metode:
Meng die gesmelte margarien en karringmelk goed
Voeg verdere bestanddele by en knie deeglik.
Pak mengsel in 'n bakblik en sny in skywe.
Bak 30 minute vir 180c / 350F.
Na 'n halfuur sny weer.
Laat afkoel en laat droogword.

Terug Na Begin

BESKUIT 2

Bestanddele:
650g (5 x 250ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom
15ml kremetart
12,5ml sout
400g (500ml) suiker
250g botter of margarien, by kamertemperatuur
250ml karringmelk
10ml koeksoda
1 eier

Metode:
Voorverhit oond tot 200C / 400F. Smeer 'n rolkoekpan van 45x30x2 cm, of bespuit met kleefweende middel.
Sif die koekmeelblom, kremetart en sout saam. Voeg die suiker by en meng. Vryf die botter of margarien met die vingertoppe in die meelmengsel in totdat dit fyn gekrummel is.

Meng 25ml van die karringmelk met die koeksoda. Voeg dit by die meelmengsel. Klits die res van die karringmelk en die eier saam. Hou 25ml van die mengsel om oor die beskuit te verf en voeg die res by die meelmengsel. Meng goed tot 'n deeg.

Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke. Fatsoeneer elke stuk op 'n meelbestrooide deegplank in 'n wors van 28cm en druk dit effens plat. Sny elke wors in 4 ewe lang stukke. Plaas die stukke effens uitmekaar in die pan.

Verf die oorblywende 25 ml karringmelk-en-eiermengsel oor die beskuite. Bake hulle sowat 30 minute of tot gaar op die middelste oondrak.
Laat die beskuite effens afkoel, breek hulle oop en droog op die draadrakke in 'n koel oond uit.
Terug Na Begin

BESKUITJIE FUDGE

Bestanddele:
1 x 200g Marie Beskuitjies/Tennis Beskuitjies in stukkies gebreek
1 x 250g Margarien
1 eier

Sif Saam:
75ml kakao
500g versiersuiker
1 handvol Amandels
1 dop Kahlua

Metode:
Smelt margarien. Voeg kakao en versiersuiker by. Roer. Klits eiers baie vinnig by. Haal van stoof af. Roer Kahlua by. Voeg koekies en amandels by. Laat stol 'n rukkie in yskas.
Rol in rolletjies in waspapier. Laat stol. Sny in skyfies en bedien saam met koffie. Hou in yskas.
Terug Na Begin

BIERBROODJIE

(Heerlik saam met Mengelslaai en Braaivleis)

Bestanddele:
500 Gram Bruismeel
5 ml Sout
1 Blikkie (340 ml) Bier

Metode:
Sif die dro bestanddele saam. Voeg die bier by.
Knie effens totdat die deeg glad is. Maak 'n
vorm van brood en plaas dit in 'n gesmeerde
broodpannetjie. Laat dit rys vir 20 minute.
Bak vir 45 minute by 180c / 350F.
Terug Na Begin

BILTONGBLOKKIES

Bestanddele:
1 kop. geurige dik wit sous.
57 g. ( 2 onse ) gerasperde kaas.
113 g. gerasperde biltong.
2 eiers.

Metode:
Klop warm witsous by eiergele. Vou kaas en biltong in mengsel. Vou
styfgeklopte eierwitte in mengsel. Proe en voeg nodige by. Skep in
gesmeerde vierkantige bak. Bak 15 minute of tot goudbruin in matige
oond. Sny in blokkies en sit dadelik voor.
Terug Na Begin

BLATJANG AARTAPPEL

Bestanddele:
6-8 middelslag aartappels
sout
250ml vrugte blatjang
250ml kook water
125ml mayonaise
1 pakkie dik wituiesoppoeier

Metode:
Kook aartappels in skil net tot sag. Verhit die oond tot 180 grade C
Dreineer aartappels en halveer elkeen met skil en al oorlangs.
Plaas die halwes met die gesnyde kante na bo in 'n vlak oondvaste bak
met 'n inhoudsmaak van +- 2,5liter
Meng die res van die bestanddele en skep dit oor die aartappels en bak vir
'n halfuur lank. Bedien warm.
Terug Na Begin

BOEREWORSPASTEI

(Bedien ses)

Bestanddele:
500 g boerewors (oorskiet van braai werk goed)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil (of een sakkie aangemaakte Smash)
1 k gerasperde Cheddarkaas

Metode:
Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.
Kook aartappels tot gaar. Geur met 'n klont botter en 'n bietjie melk.
Voeg soetmielies, van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in 'n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.
Terug Na Begin

BRAAI-BROODJIE

Bestanddele:
1 pak vetkoek deeg (die wat jy by die supermarkte of bakerye koop)
1 gekapte ui
1 teelepel gekapte knoffel
'n keuse van biltong of 'bacon' (Opsioneel)
1 koppie kaas in blokkies gesny

Metode:
1. Plaas deeg (nog in plastieksak) vir 1 minuut in mikrogolfoond
(Mikrogolf- oond moet op DEFROST gestel wees).
2. Haal deeg uit plastieksak en maak dit sommer met die hand redelik
plat.
3. Sprinkel uie, knoffel, kaas en biltong/ 'bacon' oor die deeg.
4. Rol deeg toe en plaas in gesmeerde broodpan.
5. Bak 1 uur by 180c / 350F in oond.
6. Haal uit en geniet.
Broodjie is heerlik terwyl nog warm, en heerlik saam met braaivleis.
Terug Na Begin

BROCCOLI KASSEROL

Bestanddele:
10 onse (in die ou taal) gaar broccoli
3 eierwitte
1 blikkie sampioenroomsop
1 koppie vetvry mayonnaise
halwe koppie gerasperde lae vet cheddar kaas
2 eetlepels gemaalde uie
swart peper
6 lae vet fyngemaakte soutkoekies (Salticrax / Bacon Kips)

Metode:
Meng die broccoli, eierwitte, sop en mayonnaise. Roer die kaas, uie en
peper daarin. Gooi die mengsel in 'n gesmeerde pan en sprinkel die
fyngemaakte koekies bo-oor. Bak by 180 grade tot die sous borrel -
omtrent 30 minute. Bedien 6 persone. Geniet dit!
BROCCOLLI SLAAI

Bestanddele:
Broccolli
Spek
Feta kaas
Mayonnaise
Ui
Suiker

Metode:
1. Die aand voor ek die slaai maak, was ek die broccolli en sit dit dan in 'n ziplock sakkie, die volgende dag is die broccolli kraakvars en stewig.
2. Rasper ui en gooi suiker in die gerasperde ui (so 1 eetlepel suiker per ui). Laat vir minstens 'n halfuur staan.
3. Roer mayonnaise by die ui en suiker mengsel.
4. Braai spek tot gaar en hou eenkant om af te koel.
5. Breek broccolli in eetbare blommetjies, probeer die stingeltjies hou - dis die voedsaamste van die hele lot!
6. Sny fetakaas (of enige kaas indien jy nie van feta hou nie) in blokkies.
7. Meng alles saam en geniet.
Terug Na Begin

BRUINPOEDING SONDER EIERS

Bestanddele:
3 kop Meelblom
3 teel Koeksoda
3 eetl Margarine
1 kop Melk
3 eetl Gouestroop
Sout

Metode:
Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer
in. Sif meel en sout in en meng deeglik.

Stroop:
Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in
'n groot kastrol. Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook.
Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook.
Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.
Terug Na Begin

BUTTERNUT SLAAI

1 rou butter nut gerasper
Blikkie perskes of ingelegde mango fyn opgesny
meng met mekaar en laat oornag in die yskas (toegemaak)
Net voor opdiening voeg jy een pakkie aangemaakte pynappel of perske jellie by en meng goed (die jellie moet nie gestol wees nie so waterig is reg, jy hoef ook nie alles te gebruik nie net soveel as wat jy wil)
Terug Na Begin

EEN SKOTTEL HOENDER-NOEDEL GEREG

Bestanddele:
1 Hoender (stukke gesny)
2 blokkies Hoenderekstrak
1 - 1 kop Noedels
100 ml Mayonnaise
1 groot pak dro Aartappelskyfies (Enige geur) (Fyngemaak)
400 ml Witsous
50 ml gekapte Pietersielie
2 Eiers geklits

Metode:
Was hoender, plaas in kastrol. voeg ekstrak en bietjie kookwater by en kook tot vleis van bene loskom. Ontbeen hoender en maak vleis fyn. Kook noedels tot sag in soutwater en dreineer. Meng hoender, noedels, mayonnaise en helfte van skyfies en skep in vuurvaste skottel. Meng witsous met pietersielie en eiers en gooi bo-oor. Strooi res van skyfies oor sous. Bak 20 - 25 minute by 190C of tot sous begin verkleur.
Terug Na Begin

CREMORA-YSKASTERT

Bestanddele:
500g sakkie Cremora
1 koppie yskaswater
2 blikkies kondesmelk
250ml suurlemoensap
1 pakkie tennisbeskuitjies

Metode:
Gooi Cremora in mengbak. Voeg yskaswater by (dit moet yskaswater wees) en klits tot glad. Voeg kondesmelk bly en hou aan klits. Voeg nou die suurlemoensap by, nie alles op een slag nie, anders word dit nie styf nie. Klits die heel tyd en gooi so kort-kort 'n spuit suurlemoensap by. Dit moet so ongeveer 15 min neem om die hele botteltjie in te spuit.
Teen die tyd is die mengsel baie dik.
Pak tennisbeskuitjies in bak uit en skep mengsel bo-oop, en krummel beskuitjies bo-oor. Dit kan dadelik geet word of in die yskas gebre word vir later.
Terug Na Begin

ERTJIESLAAI 1

Bestanddele:
1 x Blik ertjies
1 x Blik botterbone (Die wit groot bone)
1 x Medium ui
1 x Medium Green pepper
koppie mayonaise
koppie gedroogte saltanas \ 2 x Piesangs \ Geblikte perskes - vyn opgesny
koppie kondensmelk
1 Tee lepel mosterd poeier opgelos in 2 x Tee lepels asyn
Sout en suurlemoen pepper na smaak

Metode:
Kap nou die ui en green pepper vyn op en meng eenvoudig al die Bestanddele saam.
Let wel jy kan die saltanas \ Piesang \ Geblikte perskes nie saam gebruik nie, maar jy kan dit om die beurt probeer en elke keer is jou slaai 'n wenner. As jy die piesangs gegruik........voor jy dit in die res van die Bestanddele meng gooi net eers 'n bietjie suurlemoen sap oor sodat die piesangs nie verbruin nie. Kan meer piesangs bysit om die slaai te rek.
Bedien 6 tot 8 mense gemaklik.
Terug Na Begin

ERTJIESLAAI 2

Bestanddele:
1kg gevriesde ertjies
1 ui, fyn gekap
250g ham
125g kaas
Mayonaise

Metode:
Kook die ertjies tot net gaar (ek sit dit sommer in die sak in die mikrogolf oond, ek is net nie seker hoe lank nie) Laat afkoel
Sny intussen die ham en kaas in klein blokkies. (die ham kan deur gebraaide bacon vervang word)
Meng alles saam, gebruik net genoeg mayonaise om die bestanddele aan te klam.
Plaas in yskas om lekker koud te word. (maar dis net so lekker by kamertemperatuur ook)
Terug Na Begin

FUDGE IN MICROGOLFOOND

Bestanddele:
1 Bik Kondensmelk
1 Blik Kookwater
3 Eetlepelsvol Goue Stroop
6 Koppies Suiker
1 Koppie Koekmeel
1 Eetlepelvol Asyn
250 Gram Wit Margerien (Wooden Spoon)
1/2 ( 'n Halwe) Teelepelvol Cream of Tartar
1 Teelepelvol Vanilla Essence

Metode:
Meng alles behalwe Cream of Tartar en Vanilla.
Kook alles op Hoog in Mikrogolf Oond
Kook vir 8 minute
Roer goed
Kook vir 6 minute
Roer 1/2 Teelepelvol Cream of Tartar in bietjie water opgelos by.
Kook vir nog 20 minute.
Roer goed en voeg Vanilla by en klop flink tot dik.
Gooi in gesmeerde 30 by 45 cm pan uit.Koel af en sny in blokkies.
Terug Na Begin

GEBAKTE GROENBONE GEREG

Bestanddele:
500g groenboontjie stukkies (nie die french cut nie)
250g fyn spek (bacon)
1 groot ui, grof gekap
1 pakkie sampioene, gekap
groot pak Niknaks
1 pakkie aanmaak kaassous
1 houer (250ml) room
+- 125ml gerasperde kaas

Metode:
Meng alles saam behalwe die kaassous en room.
Gooi kaassous (gemaak van room en kaassous poeier) bo-oor.
Gooi kaas oor en bedekmet foelie.
Bak vir 1 - 1 uur by 180 grade Celsius.
Terug Na Begin

GEBAKTE VRUGTESLAAI

(lekker as soetkos)

Bestanddele:
1 x 2 lb blik pere
1 x 2 lb blik perskes
1 x 1 lb tertappels
4 piesangs

Metode:
Dreineer en snipper die vrugte
Voeg
1 t kerrie
1 t borrie
k geelsuiker
1 e botter
sout by

Bak vir 45 minute 180c / 350F
Terug Na Begin

GEMMERBIER 1

Bestanddele:
10 liter water
1,5 kg (7 x 250 ml) witsuiker
1 koekie (25g) saamgeperste gis
50 ml rosyntjies met pitte
1 bottel (750 ml) lemoen - of suurlemoenkwas
750 ml sodawater
50 ml gemaalde gemmer

Metode:
Gooi die water in die houer waarin die bier aangemaak moet word.
Roer die suiker daarin totdat dit opgelos is.
Verkrummel die suurdeeg daarin.
Voegdie rosyntjies, lemoenkwas, sodawater en gemmer by en roer tot gemeng.
Laat die mengsel 24 uur lank by kamertemperatuur staan.
Roer dit af en toe om.
Suig die mengsel na 24 uur deur en gooi dit in houers.
Spoel die rosyntjies af en gooi 'n paar in elke houer, indien verkies.
Laat die bier 12 uur lankby kamertemperatuur staan en plaas dit dan in die koelkas.

Lewer 13 liter gemmerbier.
Terug Na Begin

GEMMERBIER 2

Kneus 60g gemmer en kook in 10 liter water.
Giet in 'n vaatjie en voeg 1 kg suiker,
30g kremetart en 2 dungesnyde suurlemoene by.

Wanneer die mengselafgekoel het tot lou,
voeg 30g suurdeeg by en laat 12 uur staan.
Syg deur,gooi in erdekanne of bottels en kurk toe.

Na 36 uur sal dit gereed wees vir gebruik.
Terug Na Begin

GEMMERBIER 3

Bestanddele:
4 x 500 ml suiker
20 x 250 ml kookwater
5 ml dro gis
50 ml rosyntjies, gekneus
10 ml Jamaica gemmer
12,5 g kremetart ('n halwe pakkie)

Metode:
Los die suiker in die kookwater op en laat afkoel tot dit lou is.
Week die surrdeeg in 'n bietjie water (lou) en voeg saam
met res van bestanddele by.
Laat 6 ure staan. Syg deur en bottel - kurk toe.
Na 12 uur is die bier gereed vir gebruik. Verkoel voor opdiening.
Terug Na Begin

GEMMERKOEKIES 1

Bestanddele:
8 k (1kg) meelblom
250 g (1/2 pd) botter
1 k suiker
1 eier
500 g (1 pd) goue stroop
4 t fyn gemmer
3/4 e koeksoda
1/2 k melk
1/2 t sout

Metode:
1. Klop die botter en saam tot dit goed gemeng is. Voeg die eier en die
melk by en meng deeglik
2. Voeg die goue stroop by
3. Sif die meelblom, die koeksoda en gemmer saam. Voeg dit om die beurt
met die melk by die bottermengsel
4. Meng alles goed saam en knie tot dit 'n gladdy stywe deeg vorm
5. Vorm balletjies so groot soos okkerneute en druk hulle met die duim
effens plat op 'n gesmeerde bakplaat
6. Bak 8 tot 10 minute in 'n matige oond 180c / 350F
Hierdie resep is voldoende vir omtrent 10 dosyn koekies
Terug Na Begin

GEMMERKOEKIES 2

Bestanddele:
500 g margarien
1 kg geelsuiker
5 eiers
500 g goue stroop - maak lou in kookwater
1,5 kg koekmeel
15-20 g koeksoda
15-20 g kremetart
50 ml fyn gemmer
5 ml sout

Metode:
1. Room margarien en suiker.
2. Voeg eiers een vir een by.
3. Voeg stroop by.
4. Meng dro Bestanddele saam.
5. Voeg dro Bestanddele by margarien mengsel.
6. Los oornag in yskas.
7. Maak balletjies - druk met vurk plat.
8. Bak 180c / 350F maak barsies waar gedruk is met vurk.
Terug Na Begin

GEMMER YSKASTERT

Bestanddele:
1 pakkie gemmerkoekies (200 g elk)
koppie gouestroop
3 eetlepels vlapoeier
1 koppie kookwater

Metode:
Kook stroop en water saam. Meng die vlapoeier by stroop. Breek gemmerkoekies in stukke. Meng alles en gooi in 'n gesmeerde vorm en laat stol.Bedien met geklopte room.
Terug Na Begin

GEPEPERDE HOENDERLEWERS

Braai 1 gesnyde ui in 30 ml olyfolie tot sag
Voeg 2 fyngekapte knoffelhuisies en 225 g hoenderlewertjies by en soteer tot
lewers gaar is
Voeg 2 ml dro salie, 5 ml sout, 5 ml peper en 'n knippie pimento (allspice)
by
Druk grofweg fyn met 'n vurk
Spek op snytjies geroosterde brood en rond af met ekstra gebraaide uie en
grasuie
Terug Na Begin

GESONDHEIDS KORRINGSLAAI

Bestanddele:
3 k koring gekook
1 k vars of ingemakte geel perskes gekap
1 k vars pynappel gekap
1 k fyn gekapte selery
k fyn gekapte groenrissie
k fyn gekapte ui
3 E gekapte pietersielie
k rosyne
k sonneblomsaad
Meng ("toss") alles saam

Sous:
k sonneblomolie
2 E suurlemoensap
1 t kerriepoeier + t borrie
1 t Sojasous of 'worcester' sous
1 E heuning

Meng Bestanddele en gooi sous oor slaai.
Terug Na Begin

GESTOLDE WORTELSLAAI

Bestanddele:
1 medium blik 'crushed' pynappelstukke
4 koppies gerasperde wortels
1 pakkie pynappeljellie
3 teelepels gelatine (aangemaak met 2 eetlepels lou water)
halwe teelepel sout
kwart koppie suiker
2 teelepels suurlemoensap
1 blik Nestle Room

Metode:
1. Gooi sap van pynappelstukke af, 1 koppie. Voeg 2 koppies water by 1
koppie pynappelsap en laat kook.
2. Haal af van stoof en laat afkoel. Voeg jellie, suurlemoensap, sout,
gelatine en suiker by.
3. Laat afkoel tot dikte van wit van 'n eier. Rasper 4 koppies wortels by.
4. Voeg fyn pynappelstukkies by afgekoelde jelliemengsel.
5. Voeg geklopte room by. Gooi in vorm en laat stol.
Terug Na Begin

GRENADELLA YSKASTERT 1

Bestanddele:
1 blik Ideal melk
koppie strooisuiker
1 blik grenadellamoes
1 pakkie lemoenjellie
1 pakkie tennisbeskuitjies
1 koppie kookwater

Metode:
Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel. Klop verkoelde melk tot styf. Vou suiker geleidelik by. Klop goed. Vou moes en jellie by. Klop tot romerig. Pak laag beskuitjies en gooi laag vulsel. Herhaal tot klaar. Rasper beskuitjies en strooi bo-oor. Plaas in yskas.
Terug Na Begin

GRENADELLA YSKASTERT 2

Bestanddele:
1 blik Ideal melk
1/2 kop. strooisuiker
1 blik grenadellamoes
1 pak. lemoenjellie
1 pak. Tennis beskuitjies
1 kop. kookwater

Metode:
Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel. Klop verkoelde melk tot styf. Vou suiker geleidelik by. Klop goed. Vou moes en jellie by. Klop tot romerig. Pak laag beskuitjies en gooi laag vulsel. Herhaal tot klaar. Rasper beskuitjies en strooi bo-oor. Plaas in yskas.
Terug Na Begin

GRIEKSE KLAPPERTERT

Room Die Drie Bestanddele Baie Goed:
125 g margarien
250 ml suiker
3 eiers

Voeg Saam En Meng Die Bestanddele By Eerste Drie Bestanddele:
500 ml klapper
250 ml meelblom
3 tl bakpoeier
'n knippie sout
250 ml lou melk.

Gooi mengsel in twee gesmeerde tertpanne en bak vir 35 minute by 180C.

Berei Intussen Die Stroop:
250 ml suiker
250 ml water
1 tl vanielje
Kook saam vir 5 minute.

Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die sousie oor en siedaar! Dit is
nog verleideliker as jy 'n homp room bo-op skep.
Terug Na Begin

HEERLIKE BROODJIE

Bestanddele:
1 pak vetkoek deeg (die wat jy by die supermarkte of bakerye koop)
1 gekapte ui
1 teelepel gekapte knoffel
'n keuse van biltong of 'bacon' (Opsioneel)
1 koppie kaas in blokkies gesny

Metode:
1. Plaas deeg (nog in plastieksak) vir 1 minuut in mikrogolfoond
(Mikrogolf- oond moet op DEFROST gestel wees).
2. Haal deeg uit plastieksak en maak dit sommer met die hand redelik plat.
3. Sprinkel uie, knoffel, kaas en biltong/ 'bacon' oor die deeg.
4. Rol deeg toe en plaas in gesmeerde broodpan.
5. Bak 1 uur by 180c / 350F in oond.
6. Haal uit en geniet.

Broodjie is heerlik terwyl nog warm, en heerlik saam met braaivleis.
Terug Na Begin

HEERLIKE KLEIN SOUTTERTJIES

Kors:
5/8 kop. ( 10 eetl. ) meelblom.
knippie sout.
1/2 tl. suiker.
1/8 tl. kremetart.
4 eetl. margarien.
1/2 eiergeel.

Sif die meelblom, sout en kremetart saam. Voeg suiker by. Vryf die
margarien liggies in. Maak die deeg aan met die eiergeel en wanneer
dit te droog is, voeg 1 eetl. koue water by. Rol +- 1/8" dik uit. Sny in
sirkels en plaas in kolwyntjiepanne. Sit in yskas tot vulsel gereed is.

Vulsel:
Maak 'n witsous van :
1 eetl. margarien.
1/2 kop. melk.
1 eetl. meelblom.
Klits 1 eier en voeg dit by die witsous.

Voeg Ook Die Volgende By Die Witsous:
1/4 tl. mosterd.
2 eetl. gesmelte margarien.
1 eetl. gekapte pietersielie.
1/2 kop. gerasperde kaas.
1/2 kop. gaar gemaalde vleis ( of fyn geblikte worsievleis )
1 eetl. gerasperde ui.

Skep nou in die deeg in kolwyntjiepanne. Bak vir 20 minute teen
190 Grade C. Lewer +- 15 tertjies.
Terug Na Begin

HOENDERBREDIE

Bestanddele:
1kg Hoender
Sout & Peper
1 Pakkie Sampioensop
250 ml macaroni
125 g botter of margarien
2 uie in blokkies gesny
4 tamaties in blokkies gesny
125 ml ongesifte koekmeelblom
200 ml Water
250 ml Kaas

Metode:
Geur hoender met sout & peper en kook tot sag.
Ontbeen en sny vleis in stukke.
Vul hoendersous met water aan tot 625 ml.
Voeg soppoeier by, roer gereeld & kook tot dik.
Kook macaronistukkies in soutwater to sag & dreineer.
Smelt botter in 'n groot kastrol.
Voeg uie by & braai tot sag.
Voeg tamaties by & kook 'n rukkie.
Meng meel met water en roer by tamatiesous.
Voeg sop by & roer tot gemeng.
Voeg hoender, kaas & macaroni by, meng en laat 'n paar minute prut.
Sit warm voor met rys en 'n slaai.
6 - 8 persone.
Terug Na Begin

HOENDERLEWERPATEE

Roer braai 500 g hoenderlewers in 30 ml botter tot net gaar
Voeg 1 buisie (125 g) gekoopte lewersmeer by
Roerbraai en druk fyner met 'n vurk
Voeg 45 ml sjerrie by
Laat afkoel en verwerk in voedselverwerker tot glad
Skep uit en meng 30 ml suurroom en 250 g geroomde maaskaas by
Verkoel
Terug Na Begin

HOENDERLEWERS OP 'N STOKKIE

Klits 125 ml olyfolie
10 ml gekapte roosmaryn
2 fyngekapte knoffelhuisies
30 ml wit wynasyn
en 5 ml fyn gerasperde suurlemoenskil saam
Sny 2 rooi soetrissies in stukke en ryg afwisselend met hoenderlewers
aan sosatiestokkies
Plaas in bak, giet marinade oor en laat staan vir 1 uur
Oondbraai dan vir 6 minute by 200C tot gaar
Terug Na Begin

HOENDER PASTA SLAAI

Bestanddele:
1 Heel hoender
sprite
pasta van jou keuse
hoenderspeserye
blatjang
sout/peper na smaak
knoffel (ops)
mosterd
uie
Wit sampioene

Metode:
Kook hoender in sprite tot sag, ontbeen en sny in stukkies, moenie sous
weggooi nie..
Sny sampioene in skyfies.
Soteer uie en sampioene in bietjie olie.
Plaas hoenderstukkies terug in kastrol, voeg al die ander bestanddele
behalwe pasta by, voeg nog sprite by indien nodig.
Bring tot kookpunt en prut tot sappig.
Kook pasta soos normaalweg, dreineer, voeg hoender mengsel by en meng goed.
Bedien met 'n mengelslaai.
Terug Na Begin

HOENDERPASTEI

1 hoender ontbeen

Bestanddele:
hoenderspeserye
paprika
sout en peper
2 blikkies gemengde groente
1 blikkie hoendersop
1 blikkie sampioensop
1 pakkie sampioene gekerf
1 rolletjie blaardeeg

Metode:
kook die hoender tot gaar
voeg die speserye na smaak by
laat lekker deurkook
voeg die gemengde groente en blikkies sop en sampioene by
laat kook, as dit te souserig is verdik met 'n bietjie mielieblom
laat lekker deurkook
gooi in pan, rol blaardeeg uit, voeg bo-op
verf met 'n bietjie eier en melk
bak by 180C / 350F tot bruin
Terug Na Begin

HOENDERSTUKKIES OF MAALVLEISBOLLETJIES

Bestanddele:
440 g Pynappelstukke
125 ml bruinsuiker
125 ml asyn
10 ml worcerstersous
5 ml sout
125 ml tamatiesous
22.5 mazina

Metode:
Kook pynappelsous, suiker, asyn, worcerstersous, tamatiesous, sout saam.
Voeg mazina by & dan die pynappelstukke.
Gooi alles oor vleis & bedek met tinfoelie en bak in oond. By 180c / 350F.
Terug Na Begin

HONGAARSE AARTAPPELGEBAK

Bestanddele:
60 ml (4 e) botter
2 groot uie dik gesny
1 knoffelhuisie fyngedruk
125 ml (1/4 k) ham gekap
30 ml (2e) vars pietersielie
sout en vars gemaalde swart pepper na smaak
neutmuskaat na smaak
7 ml (1 t) paprika
500 g gaar aartappels in skywe gesny
250 ml (1 k) suurroom
1 ekstra groot eier
150 ml gerasperde kaas

Metode:
Voorverhit oond tot 180c / 350F
Smeer oondpan
Verhit botter en soteer uie daarin tot sag
Voeg knoffel by en soteer verder
Voeg nou ham, pietersielie, sout, peper, neutmuskaat en parika by
Voeg aartappels by
Braai liggies en skep alles in die voorbereide oondbak
Klits suurroom en eier liggies saam en giet oor
Sprinkel die kaas oor
Bak vir 30 minute tot goudbruin
Genoeg vir 6 mense
Terug Na Begin

HOPS SUURDEEG

Kan hops by 'n gesondheids winkel koop of by 'n apteek. Dit is gewoonlik by die gesondheids produkte.

Kook ongeveer 1 koppie rosyntjies (met pitte) en drie koppies water totdat die rosyntjies sag is. Laat afkoel tot louwarm en druk rosyntjies fyn.

Kook ongeveer 3 gelykvol eetlepels hops en 3 koppies water. Bring net tot kookpunt. Laat afkoel tot louwarm, sif deur en gooi vloeistof by rosyntjies.

Laat staan vir ongeveer 48 uur totdat dit goed "kook".

Wanneer wil gebruik sif deur 'n groot sif en gebruik die vloeistof (gooi die rosyntjies weg). Gebruik ongeveer 2 koppies suurdeeg vir brood.

[Ek dink jy kan die plantjie oor en oor gebruik deur dit "in te suur" met dieselfde Metode: soos bo beskryf in die suurdeegplantjie resep. Jy gebruik 'n plantjie van die vloeistof (sonder die rosyntjies) en gooi sout, suiker en meel by en laat staan dit om te rys. Wanneer die meel opstyg is dit reg. Die hops suurdeeg is baie lekker en gee die brood/beskuit 'n lekker smaak.
Terug Na Begin

HOUDENBEK MIELIEGEREG

750 ml vars groenmielies van die stronk afgesny (4-6 mielies)
3 eiers
5 ml sout
Peper
Knippie neut
125 ml meel
125 ml karringmelk of jogurt
5 ml bakpoeier

Plaas al die Bestanddele in voedselverwerker. Laat tol en gooi mengsel in langwerpige oondskottel.
Bak vir 30-45 minute by 180 c

of

Mikrogolfoond: 14 minute teen mediumkrag of 3-4 teen volle krag. Smeer laag botter bo-oor. Heerlik as groente of bykos by braaivleis.
Terug Na Begin

INGEMAAKTE SPAGHETTI

Bestanddele:
3 kg tamaties
500 g uie
4 e appelkooskonfyt
1 k suiker
1 k asyn
1 t fyn naeltjies
1 t peper
1 t neut
1 e sout
250 g egte botter
1 boks spaghetti

Metode:
Kook tamaties tot gaar
Haal skille af
Versap
Kook ui in water tot sag
Kook spagetti sag - nie pap nie
Water af
Versap saam met tamatie
Voeg alles bymekaar
Laat kook 10 min
Bottel warm
Terug Na Begin

JAPTRAP BONE

Bestanddele:
kookolie
2 uie, fyn gekap
1 groen soet rissie, fyn gekap
10ml kerrie poeier
2ml gemengde kruie
1 blikkie boontjies in tamatie sous

Metode:
Braai die ui en soetrissie in 'n klein bietjie kookolie.
Voeg die kerriepoeier en kruie by, en braai nog sowat
een minuut. Roer die boontjies by en verhit.
Bedien warm.
Terug Na Begin

JAPTRAP ETE

3 groot geskilde aartappels
1 ui fyn gekap
1 groenrissie fyngekap
olie
500 ml maalvleis
1 tamatie
2 ml neut
sout & peper

Kaassous:
15 ml margarien
250 ml melk
15 ml meel
250 ml kaas
30 ml sagte broodkrummels

Sny aartappel in 1 cm skywe Ontvel tamatie & rasper
Kook aartappelskywe to sag,Plaas in 'n bak
Braai olie, uie & rissie & voeg maalvleis by
Voeg tamatie, geurmiddels, sout & peper by
Prut , Skep oor aartappels

Gooi van die kaas in witsous en die res saam met die broodkrummels bo-oor vleis
Terug Na Begin

JOGHURT TERT/POEDING

Bestanddele:
500ml Joghurt
1 Pakkie jellie
1 blikkie kondensmelk
1 houer vars room [250 ml]
Vars of ingemaakte vrugte.
Grenadillamoes saam met Grenadilla
Joghurt [opsioneel]

Metode:
Gebruik enige geur joghurt van jou keuse en gebruik dieselfde geur jellie. Suurlemoenjellie is veilig om saam met alle joghurts te gebruik aangesien daar nie alle geure jellies beskikbaar is nie.
Meng jellie met 1 koppie kookwater en laat afkoel. Klits alle bestanddele goed saam tot romerig.

Vir Poeding:
Gooi in bak en laat stol in yskas

Vir Tert:
Pak beskuitjies of konfytrol ("jamroll") in tertbak en gooi mengsel bo-oor en laat stol in yskas
Terug Na Begin

JOGHURT YSKASTERT

Bestanddele:
1 liter aarbeijoghurt
1 pakkie aarbeijellie
1 koppie warm water
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie tennisbeskuitjies

Metode:
Los jellie in water op, laat bietjie afkoel. Gooi joghurt by en ook kondensmelk en meng goed. Gooi in lae met tennisbeskuitjies tussenin en sit in yskas om te stol. (Beste om 'n dag voor die tyd te maak).
Terug Na Begin

KAASBALLETJIES

Bestanddele:
Wit van 2 eiers.
6 eetl. gerasperde Cheddar kaas.
1/2 tl. sout.
knippie rooipeper.

Metode:
Klits eierwitte styf en vou die ander bestanddele in. Vorm die balletjies
so groot soos okkerneute en braai in diep - olie. Dreineer op bruin -
papier, rol in fyn gerasperde kaas en dien warm op aan peusel -
stokkies. Lewer 1 dosyn of meer.
Terug Na Begin

KAASMEER

Bestanddele:
1 kg prosseseer kaas
1 l lang lewe melk

Metode:
Plaas die melk in 'n pot op die stoof oor matige hitte, en sny die kaas in
stukkies in die melk. Roer aanhoudend totdat die kaas gesmelt het om
klontjies te voorkom. Sodra die kaas heeltemal ingesmelt het, kan jy jou
eie inisiatief gebruik vir enige ekstras wat jy wil bysit; bv fyn biltong,
peper, ens. Dit maak 'n redelike groot hoeveelheid kaassmeer en is BAIE
goedkoper as die wat jy in die winkels aankoop en dis baie lekker!
Terug Na Begin

KAASKOEKIES

Bestanddele:
250 g. cheddarkaas.
250 g. meelblom.
1/2 tl. peper.
250 g. botter.
1/2 tl sout.
knippie rooi peper.

Metode:
Sif die meelblom, sout, peper en rooipeper in 'n mengbak.Sny die
botter in klein stukkies en vryf dit in die gesifte meelmengsel. Rasper
die kaas nou by die mengsel en vryf goed in. Die deeg is baie ryk en
u sal vind dat dit in 'n plat pan gedruk kan word of in 'n kolwynpan -
netjie. Bak teen 230 Grade C tot ligbruin.
Terug Na Begin

KAASKOEK TIPE-TERT

Kors:
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
2 groot lepels margarien / botter
(Smelt botter in mikogolf of op plaat. Sit beskuitjies in plastieksak, slaan en trap daarop totdat dit baie fyn is. Meng in tertbord met beskuitjies en druk vas as kors.)

Vulsel:
1 blikkie (410g) gunstelingvrugte (appeliefie/ aarbei/ koejawel)
1 koppie volgeprop met malvalekkers (marshmallows)
1 houertjie (koppie) vars room

Metode:
1. Smelt die Malvalekkers (marshmallows) op die plaat - haal dan af, voeg 'n bietjie van die vrugtestroop in die blik by, gooi die res weg of drink dit (baie lekker)
2. Sny die vrugte (as dit groot is - los appeliefies net so) in klein stukkies, en voeg by.
3. Klop room styf en vou dit daarby in, skep in die kors en sit in die yskas vir net 15 minute - en dien op.
4. Ideaal vir onverwagte gaste !!! Dit kan sommer 'n nagereg ook word in nood.dien op met roomys
Terug Na Begin

KAASPOFFERTJIES 1

Bestanddele:
1 kop. meelblom.
1/2 tl. sout.
4 tl. bakpoeier.
1 eier.
knippie rooipeper.
3/4 kop. melk.
1 groot kop. gerasperde kaas met sterk geur.
1 tl. mosterd.
1 eetl. gesmelte botter.

Metode:
Klits eier en voeg melk by. Voeg kaas, mosterd en botter by. Sif
ander bestanddele en meng goed. Dit is 'n slap deeg. Sit 'n teelepel -
vol in gesmeerde kolwyntjie pannetjies. Bak vir 10 minute teen
220 Grade C. tot mooi goudbruin. Smelt intussen 5 tafellepels botter
en 4 tl. Bovril en gooi oor poffertjies sodra dit uit die oond kom.
Bedien warm.
Terug Na Begin

KAASPOFFERTJIES 2

Bestanddele:
1 kop. meelblom.
1/4 tl. peper.
sout.
1 kop. melk.
1 kop. gerasperde sterk kaas.
3 gelyk tl. bakpoeier.
1/2 tl. mosterd.

Metode:
Meng alles en voeg dan melk by. Bak vir 10 minute teen 230 Grade C
in goedgesmeerde kolwyntjiepannetjies.
Terug Na Begin

KARAMEL POEDING

2 koppies meelblom
2 teelepels bakpoeier
2 ml sout
Sif saam.

1 koppie suiker
4 eetl appelkooskonfyt
2 eiers
2 koppies melk

Klits suiker, konfyt en eiers baie goed saam en voeg meelmengsel by.
Voeg 2 koppies melk geleidelik hierby.

3 eetlepels asyn 2 teelepels koeksoda
Meng en vou in mengsel in.

Bak in 'n groot skottel vir ongeveer 45 min by 200C. Sodra dit gaar is,
haal uit oond en gooi sous oor.

Sous:
2 koppies suiker 2 koppies melk 1 eetelepel vanilla
1 koppie water 125 ml botter

Kook alles saam en gooi oor warm poeding.
Terug Na Begin

KARAMEL YSKASKOEK

Kors:
Halwe pakkie Nutty Crust-beskuitjies, gekrummel - 25ml botter gesmelt

Vulsel:
125 ml Vars room
2 Sakkies Orley Whip
1 Blikkie (380g) karamel
1 Bakkie (250g) geroomde maaskaas
15 ml (Een koevertjie) gelatien, opgelos in 125ml water
125 ml Strooisuiker
10 ml Karamelgeursel

Vir Die Kors:
Meng die beskuitjiekrummels en botter en druk dit vas in 'n gesmeerde losboompan, 240mm in deursnee.

Vir Die Vulsel:
Klop elkeen van die twee rome afsonderlik styf en hou eenkant. Klop die karamel en maaskaas saam. Roer die opgeloste gelatien, strooisuiker en geursel by die karamelmaaskaasmengsel.

Vou die twee styfgeklopte rome in en giet die mengsel in die kors. Laat stol oornag in die yskas.

Versier met kappertjies of gerasperde sjokolade.
Terug Na Begin

KARAMEL YSKASTERT

Bestanddele:
1 Blik gekookte kondensmelk
1 Pakkie tennisbeskuitjies
750 ml Melk
75 ml Vlapoeier
3 Piesangs
1 Houertjie vars room
3 Teelepels suiker
Neute vir garnering (opsioneel)

Metode:
1. Maak vla aan van 750ml melk en 75ml vlapoeier. Geen suiker nie, anders is dit te soet.
2. Meng die Karamelkondensmelk en die vla saam.
3. Breek tennisbeskuitjies in stukkies, maar nie te fyn nie, kan redelik grof wees.
4. Meng tennisbekuitjies by die vlamengsel.
5. Skep in 'n bak en versel. Laat oornag in yskas.
6. Sny die piesangs in skywe bo-oor die koue mengsel.
7. Klits die room en suiker saam tot styf en smeer bo-oor die piesang.
8. Garneer met neute en plaas terug in die yskas tot benodig.
9. Bedien net so koud as nagereg of tert.
KARRINGMELKBESKUIT 1

Meng:
7 koppies koekmeel
6 teelepels bakpoeier
1 teelepel koeksoda
1 teelepel sout
1/2 teelepel kremetart

Klits:
2 eiers
2 koppies karringmelk
1 koppie suiker
125 g gesmelte margarien

Verhit oond tot 180 C
Voeg al die bestanddele bymekaar
Druk in plat bakplaat
Bak vir halfuur en sny in blokkies. Draai beskuitjies om.
Bak vir nog 'n halfuur by 160 C
Droog uit.
Terug Na Begin

KARRINGMELKBESKUIT 2

(4 KG UITGEDROOG)

Bestanddele:
3 kg Bruismeel (1 KG)
750 ml suiker (375 ml)
10 ml Sout (5 ml)
30 ml Bakpoeier (15 ml)
9 Eiers (Ekstra groot ) (5)
1 Liter karringmelk (2 500ml)
750 g Margarien (375 g)

Metode:
Meng dro bestanddele.Voeg effens gesmelte margarien by. Meng deeglik tot
fyn krummels. Klits eiers goed. Klits melk daarby en voeg by mengsel. Meng
goed - knie heelwat vir beter tekstuur. Maak bolletjies so groot soos
hoendereiers en vul 6 gesmeerde beskuitpanne (afhangende van grootte van
panne). Bak teen 180 C vir een uur. Laat heeltemal afkoel. Breek in
stukke en droog 4 ure in oond teen 100 C. Bring ook 'n stukkie hiervan vir
my om te proe en geniet die res.br>
Terug Na Begin

KERRIE BOONTJIES

Bestanddele:
1kg groenbone gekerf
2 uie, in ringe gesny
375ml hoenderaftreksel
2 knoffelhuisies, fyngedruk
250ml asyn
koppie suiker
5ml sout
5-10ml kerriepoeier
knippie rooipeper
15ml mielieblom gemeng met bietjie water

Metode:
Plaas die groenboontjies, uie, hoenderaftreksel en knoffel in 'n middelmatige swaarboomkastrol en laat ongeveer 10 minute sonder die deksel vinnig kook tot net gaar. Meng die asyn, suiker, sout, kerrie en rooipeper. Voeg by die boontjies en laat net opkook. Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi bind. Laat afkoel en bottel.
Terug Na Begin

KERRIESOUTTERT

Kors:
250 g. margarien.
1 tl. bakpoeier.
2 kop. meelblom.
1/2 kop. kookwater.

Gooi kookwater oor margarien. Laat afkoel en roer meel en bakpoeier
in. Meng deeglik en bre in koelkas tot nodig.

Vulsel:
500 g. maalvleis.
1 groot ui, gerasper.
2 aartappels, gerasper.
sout en peper.

Kook al die bestanddele vir 10 minute. Meng 1 eetl kerrie, 1 eetl.
klapper en 1 eetl. bladjang. Voeg by kokende vleismengsel. Vul on -
gebakte kors en bak 20 minute in warm oond.
Terug Na Begin

KERRIETERT

Bestanddele:
2 kop. meelblom.
1/2 kop. margarien.
2 eetl. kookolie.
2 tl. bakpoeier.
1 tl. sout.
1 eier.

Metode:
Sif meel, bakpoeier en sout. Vryf botter in meel todat dit soos mielie -
meel lyk. Gooi kookolie in holte. Klits eier baie goed en voeg by. Maak
aan met water tot slap deeg. Rol uit.

Vulse:
1 kg. gemaalde vleis, ui, aartappel, kook tot sag. Voeg kruie by en ge-
geskilde tamatie. Laaste 2 tl. kerriepoeier. Laat afkoel. Skep in kors
en bedek met kors. Bak in matige oond tot bruin. Bedien saam met slaaie.
Terug Na Begin

KERSIEGENOT

Bestanddele:
3 eierwitte
2 k versiersuiker
1 1/3 k margarine
2 pakkies mariebeskuitjies
1 k glanskersies
2 k klapper
5 ml vanilla

Metode:
Klits eierwitte tot styf. Sif versiersuiker en klits by eierwitte. Smelt botter. Breek beskuitjies fyn. Sny glanskersies in kwarte. Meng botter, beskuitjies, glanskersies, klapper en vanilla goed met eierwitmengsel. Druk in pan, verkil en sny. (5 dosyn)
Terug Na Begin

KITSKOEKSISTERS

Stroop:
Verhit 500 g(625 ml) witsuiker en 250 ml water in diep kastrolletjie oor lae hitte.
Roer kort-kort totdat suiker gesmelt is.
Kook 7 - 8 minute stadig sonder deksel.
Haal af van hitte en roer 12.5 suurlemoensap en 5 ml vanielje geursel by.
Hou een kant.

Deeg:
Sif saam 200 g (375 ml) koekmeel, 22 ml bakpoeier en 1 ml sout.
Frummel 20 g (25 ml) botter of margarien daarin.
Sny 150 ml melk in frummels met slaplemmes tot deeg gevorm is.( Werk liggies)
Rol uit op meelbestrooide deegplank so 5 mm dik.
Sny in repe en vleg koeksisters.

Metode:
Verhit bottel (750 ml) Sonneblom of canola olie tot taamlik warm(nie rookwarm nie)
Plaas 2-4 koeksisters in en bak tot goudbruin aan beide kante.
Haal uit en dip in stroop vir so 15 tot 20 tellings.
Skep uit n plaas op druprakkie in skinkbord.
Eet yskoud.
Lewer so 30 kleinerige koeksisters.
Kan ook gevries word.
Terug Na Begin

KITSSOUTHAPPIE

Bestanddele:
1 blikkie soutvleis.
15 ml. Royal - bakpoeier.
2 eiers.
melk en water gemeng, genoeg om slap deeg te vorm.
500 ml. meelblom.
sout.
olie.
gekapte pietersielie.

Metode:
Maak vleis fyn met vurk en voeg meel, bakpoeier, geklopte eiers, sout
en pietersielie by vleis. Meng met water en melk tot slap deeg. Verhit
olie in diep kastrol. Gooi lepelsvol van vleismengsel in olie; dit draai
self om. Braai tot bruin en laat afkoel. Gekapte uie kan ook bygevoeg
word indien verkies.
Terug Na Begin

KOEJAWEL-YSKASTERT

Bestanddele:
1 groot blik koejawels
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie suurlemoenjellie
1 swiss roll
250 ml room

Metode:
Gooi sap van koejawels af ( 1 koppie). Voeg 1 koppie kookwater by sap, maak warm en voeg jellie by tot opgelos. Sny koejawels redelik fyn. Meng koejawels met kondensmelk. Meng met stroop. Sny swiss roll in skywe en pak in tertbak en gooi koejawelmengsel bo-oor. Sit in yskas.Laat stol oornag. Klits room tot styf en sit bo-oor.
Terug Na Begin

KOFFIE-YSKASTERT

Bestanddele:
1 pak. Tennisbeskuitjies
2 sakkies Orley Whip
sjokolade versiersuiker
1 koppie sterk, swart koffie - koud

Metode:
Week beskuitjies vinnig in koue koffie. Dan dun lagie versiersuiker en dan lagie room. Rasper Peppermint Crisp oor elke lagie room. Boonste laag room. Versier met vermicilli of peppermint crisp.
Terug Na Begin

KORSLOSE SOUTTERT

Bestanddele:
250 g. koue vleis ( enige soort )
250 g. gerasperde cheddar kaas.
2 kop. melk.
2 tl. mosterd.
2 tl. pietersielie.
sout en peper.
4 eiers.
2 tl. fyn ui.
2 eetl. meelblom.

Metode:
Meng alles in gesmeerde bak. Bak in 'n matige oond tot gestol.
Terug Na Begin

KOUE GAARVLEIS TERT

Bestanddele:
2 kop. gaar gemaalde vleis.
1 kop. koue gaar aartappel in blokkies gesny.
1 blik klein heel sampioene.
1 meduim ui.
1 eetl. tamatiesous.
1/4 tl.sout.
1 eier.
1 eetl. botter.
gerasperde kaas.
1 eetl. worcestersous.
1/2 kop. melk.

Metode:
Dreineer sampioene maar bewaar water. Smelt botter in kastrol,voeg sampioene
sampioene en fyngesnyde ui by en braai tot ligbruin oor lae hitte.
Voeg vleis en aartappels by, braai vir nog 2 minute.
Voeg al die bestanddele by behalwe eier, melk en kaas. Voeg sam -
pioenwater by en laat net opkook. Skep vulsel in voorbereide kors,
verkieslik aartappelkors. Klits melk en eier saam, giet bo - oor.
Sprinkel gerasperde kaas oor en sit hier en daar 'n stukkie botter. Bak
vir omtrent 20 minute in warm oond teen 220 Grade C.
Terug Na Begin

KOUE SAGOPOEDING

Bestanddele:
4 kop. melk.
1 kop. melk.
4 eiers.
1 kop. kookwater.
1 kop. sago.
1 kop. suiker.
1 p. jellie.

Metode:
Kook 4 kop. melk en sago saam. Meng orige melk, suiker en eiergele en voeg by sagomengsel. Los jellie in kookwater op en voeg by mengsel. Klop wit van eier styf en vou in. Plaas in yskas.
Terug Na Begin

KOUE WATER GEMMERBIER

Bestanddele:
12 bot. water.
6 kop. suiker.
1/2 blokkie suurdeeg.
1/2 p. wynsteensuur.
2 eetl. gemmer.
1/2 pak. kremetart.
handvol rosyne.

Metode:
Kook 4 bottels van die water met gemmer en suiker. Voeg nou die ander bestanddele saam, sowel as die suurdeeg en rosyne. Tap in bottels na 24 uur.
Terug Na Begin

LAE-VET WORTELKOEK

Bestanddele:
Spray 'n cook 1 k meel (All purpose flour)
1 k volkoring meel 1 k suiker
2 t kaneel 2 t bakpoeier
1 t neutmuskaat 2 t sout
1 k appelsap 2 k karringmelk
6 eierwitte 3 k gerasperde wortels
3 k gekapte neute (Walnuts)

Metode:
Verhit oond tot 180 C. Sprei 'n 23 x 23 cm pan met Spray 'n cook. Meng twee meelsoorte, suiker, kaneel, bakpoeier, neutmuskaat en sout. Klits met elektriese klitser in 'n groot mengbak appelsap, karringmelk en eierwitte. Voeg meelmengsel by en meng goed. Roer wortels en neute by. Gooi in pan en bak + 40 min.

Versiersuiker:
225 g lae-vet roomkaas 225 g vet-vrye roomkaas
1 t botter 2 k versiersuiker
1 t vanieljegeursel

Meng alles saam en versier koek. Sny koek in 16 snye.

VERVANGINSTEGNIEKE:
Vervang olie met karringmelk en appelsap
Gebruik eierwitte i.p.v. heel eiers
Verminder suiker en neute, voeg meer volkoringmeel by
Versiersel: Vervang gewone versiersel met vet-vrye roomkaas
Terug Na Begin

LIQUIFRUIT TERT

Bestanddele:
1 Groot Liquifruit of enige ander vrugtesap
1 Pakkie Orley Whip
2 Pakkies Jellie Selfde geur as koeldrank
1 Pakkie tennisbeskuitjies

Metode:
Verhit Liquifruit en jellie saam.
Klits Orley Whip tot styf.
Meng met Jellie megsel.
Plaas beskuitjies onder in 'n bak en giet mengsel oor. Sit in yskas tot gestol.
Terug Na Begin

MAALVLEISGEREG

Bestanddele:
500 g maalvleis
250 ml koue water
5ml sout
2 ml peper
100 ml blatjang
250 ml rou rys afgespoel
uie
410 g minestronesop
285 g geroomde sampoeine
500 ml kookwater

Metode:
Meng maalvleis, koue water, sout, peper.
Kook vinnig sonder deksel, tot vloeistof weg is.
Skep maalvleis in 'n bak
Smeer blatjang oor
Strooi rys oor
Strooi sop oor, dan sampioene en laaste kookwater.
Sit deksel op of foelie
Bak 1 uur by 180C
Terug Na Begin

MAASKAAS TERT 1

Bestanddele:
1 houer gladde maaskaas
1 blikkie kondense melk
1 pakkie kits poeding (vir die eintlike resep s hulle vanilla kitspoeding, maar jy kan ander geure ook gebruik en dan gee dit 'n heel ander en lekker smaak aan die tert)
1 pakkie marie beskuitjies
Botter
Kaneel

Metode:
Klits die maaskaas en kondensmelk saam tot goed gemeng.
Gooi nou die kitspoeding poeier bo-oor en klits vir 1 minuut lank.
Maak die mariebeskuitjies fyn en meng met gesmelte botter en gooi 'n bietjie kaneel by.
Vat 'n tert bord, druk die koekie mengsel plat op die bodem.
Gooi nou die maaskaas mengsel daarin.
Vir versiering kan jy of gerasperde sjokolade bo-op sit of gebruik sommer 'n flake wat fyn gemaak is.
Sit dit in die yskas om te stol.
Terug Na Begin

MAASKAAS TERT 2

Bestanddele:
2 x 250 g Geroomde Maaskaas
1 Blik Kondensmelk
1 eetlepel Suurlemoensap
1 Blik vrugte (youngberrie of aarbeie)
1 Rolkoek
Vlapoeier of Mazina

Metode:
Klits Kondensmelk, Maaskaas, Suurlemoensap saam tot dik.
Pak 'n laag rolkoek in bak.
Gooi mengsel oor en maak gelyk.
Smeer vrugte daaroor.
Gooi vrugtesap in kastrol en kook.
Verdik met vlapoeier of mazina.
Gooi oor tert en verkoel in yskas
Terug Na Begin

MALVAPOEDING 1

Bestanddele:
1 kop. meelblom.
1 teel. koeksoda.
1 eetl. botter.
1 eier.
1/2 kop. melk.
1 eetl. asyn.
1/2 kop. suiker.
sout.

Metode:
Room botter, suiker en eier. Meng asyn en koeksoda en voeg by
bottermengsel. Voeg meel en sout by en maak aan met melk.
Bak in matige oond tot gaar. Gooi sous oor warm gaar poeding.

Sous:
1 kop. Carnation melk.
1 kop. kookwater.
1 kop suiker.
Kook saam en gooi oor poeding.
Terug Na Begin

MALVAPOEDING 2

Bestanddele:
2 eiers ( by kamertemperatuur )
210 g. strooisuiker ( 250 ml.)
15 ml. appelkooskonfyt.
150 g. koekmeelblom ( 315 ml.)
knippie sout.
5 ml. koeksoda.
30 ml. botter.
5 ml. asyn.
125 ml. melk.

Sous:
250 ml. room.
100 g. suiker.( 125 ml.)
100 g. botter.
125 ml. Suid-Afrikaanse Brandewyn.

Berei Poeding:
Klits eiers en strooisuiker deeglik saam tot lig en donsig.
Klits appelkooskonfyt by. Sif dro bestanddele 3 maal saam.
Smelt botter en voeg by asyn en melk. Vou dro bestanddele
beurtelings met melkmengsel by eiermengsel in. Giet beslag
in middelslag-gesmeerde oondvaste skottel. Bak in voorverhitte
oond teen 180 Grade C vir sowat 45 minute.

Berei Sous:
Smelt sousbestanddele saam en giet bo-oor poeding sodra dit uit
die oond kom. Steek gaatjies in poeding met vurk om sous te help
intrek. Dien warm op saam met room.
Hoop dat ek van hulp kon wees.
Bak dit, en geniet dit.
Terug Na Begin

MALVAPOEDING 3

1 koppie koekmeel
1 teelepel koeksoda
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 eetlepel botter
1 koppie melk
1 eier
1 koppie suiker
teelepel sout

Room botter, suiker en eier. Los koeksoda in melk op.
Voeg melk en koeksoda by eier en roer konfyt by.
Meng alles. Bak 20 minute by 180C.

Stroop:
1 koppie room
koppie botter
koppie suiker
koppie kookwater

Kook alles saam en gooi oor poeding as dit uit die oond uit kom.
Terug Na Begin

MAROELAS DRIE IN EEN RESEP

3 kg maroelas (2.5kg ryp en 500gm groenerig)
Kneus maroelas en maak 'n snit so halfpad oor elkeen.
Sit in plastiese skottel.

Maroela Koeldrank:

Smelt Die Volgende Saam:

10 k suiker
10 k kookwater
3 t engelse sout
3 t wynsteensuur
4 t sitroensuur

Gooi hierdie mengsel kokend oor maroelas. Laat oornag staan.

Syg die volgende oggend deur. Hou sap in yskas en verdun na smaak met
yswater om te drink.

LET WEL! JY KAN DIESELFDE MAROELAS WEER GEBRUIK EN DIE RESEP WEER OOR MAAK.

DIT KOM NET SO LEKKER.

OF JY KAN DIE VOLGENDE DAARMEE DOEN:

Maroela Jellie:

Bedek maroelas met water en kook stadig tot sag. Laat afkoel.
Gooi deur 'n sif. Met hierdie vloeistof kan jy nou maroela jellie kook.

Gebruik 2 k van die vloeistof en 1 k suiker.
Bring tot kookpunt oor matige hitte.
Voeg 1 eetlepel suurlemoensap by en kook tot jellie stadium. Skep
bietjies op piering uit om te toets tot jellie.

Maroela Konfyt:

Gebruik dieselfde maroelas. Druk die pitte uit en gooi weg. Gebruik die pulp
en skille (gemors) om heerlike konfyt te kook.

Gebruik 1 k suiker vir elke 2 k gemors.
Verhit oor matige hitte en kook tot konfyt.
Baie lekker en mens het net die pitte weggegooi.

Dan kan mens natuurlik nog die maroelas laat gis ook en word jy hoenderkop.
Terug Na Begin

MARSHMELLOW TERT 1

Bestanddele:
1 blik kondensmelk
1 blik crushed pynappels
1 pakkie tennis- of mariebeskuitjies
botter
Gesnipperde marshmallows

Metode:
Meng kondensmelk, pynappels en marshmallows goed saam
Krummel kors van mariebeskuitjies of tennisbeskuitjies met botter
Giet mengsel bo-oor kors en plaas in yskas om te stol.
Terug Na Begin

MARSHMELLOW TERT 2

Beskuitjiekors (Tennisbeskuitjies en gesmelte botter)

Vulsel:
1 blikkie kondensmelk
koppie suurlemoensap
1 koppie room, styfgeklop
16 marshmallows, in stukkies gesny
1 blik crushed pynappel, goed gedreineer
6 kersies opsioneel
neute, opsioneel

Metode:
Meng kondensmelk en suurlemoensap. Klits room tot styf en voeg by. Meng marshmallows en pynappel in. Gooi in kors. Versier met fyn beskuitjies of kersies of neute.
Terug Na Begin

MARSHMELLOW YSKASTERT

1 blik kondensmelk
1 blik crushed pynappels
Gesnipperde marshmallows

Meng goed
Krummel kors van mariebeskuitjies of tennisbeskuitjies
Met botter
Terug Na Begin

MELKKOS 1

Bestanddele:
Bv 500ml melk
En 2 eetl (maw 50ml) koekmeel
En so 2 eetl margarine
En bietjie sout.

Metode:
Klits alles goed in 'n bak en sit dan in die mikro - hou aan kook (op 100%)
totdat dit sryf is maar jy moet dit kort-kort roer - elke 1 minuut - andersmaak dit klonte.

Sodra dit dan styf is - jy sal sien dit het dan ook darem al so 'n keer of wat geborrel - dan gooi ek net lekker baie kannelsuiker in = roer deur en skep in bakkies - ek gooi dan sommer weer kaneelsuiker bo-oor.
Terug Na Begin

MELKKOS 2

Bestanddele:
125g spaghetti, in korter stukkies gebreek (ek gebruik sommer
macaroni)
150ml koekmeel
5ml sout
50ml witsuiker
1l melk
3 ekstra-groot eiers, geskei
50ml margarien
3ml vanieljegeursel
1ml amandelgeursel (ek sit dit nie in nie)

Metode:
1. Kook die spaghetti in genoeg vinnig kokende soutwater tot gaar en dreineer
2. Meng die droe bestanddele en meng met 250ml koue melk.
Klits die eiergele en voeg by.
3. Verhit die res van die melk en die botter. Voeg 'n klein bietjie
hiervan by die meelmengsel en roer dan alles by die res van die
melk.
4. Verhit oor lae hitte tot die mengsel kook en verdik. Roer gedurig
om te verseker dat die eiers nie skif op die bodem nie.
5. Voeg die spaghetti by
6. Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou saam met die
vanielje- en amandelgeursel by die gaar melkkos in.
7. Strooi kaneelsuiker oor en dien op in sopborde met ekstra suiker
indien verkies
Genoeg vir 4 mense

(Maak in mikrogolf)
Terug Na Begin

MELKTERT MET KONDENSMELKBOLAAG

Bestanddele:
30 ml (2 EL) Margarien
125 ml ( kop) Suiker
2 Eiers, geskei
125 ml ( kop) Koekmeelblom
5 ml (1TL) Bakpoeier
Knippie sout
500 ml (2 kop) Melk

Bolaag:
1 blik (397g) Kondensmelk
125 ml ( kop) Suurlemoensap
2-3 Tennisbeskuitjies (gekrummel) (opsioneel)

Metode:
1. Klits margarien en suiker saam.
2. Voeg eiergele by suikermengsel en meng goed.
3. Voeg dro bestanddele bymekaar.
4. Voeg meelmengsel by eiermengsel, daarna die melk. Meng goed.
5. Klits eierwitte styf en vou in mengsel.
6. Smeer 28cm tertbak en gooi mengsel in.
7. Bak by 180C vir 30 minute of totdat dit gaar is en ligbruin bo-op.
8. Meng kondensmelk en suurlemoensap saam.
9. Wag totdat tert 'n bietjie terug gesak het nadat dit uit die oond
gehaal was. Smeer kondensmelk mengsel bo-op warm tert
10. Krummel Tennisbeskuitjies bo-oor.
Terug Na Begin

MIELIEBROODJIE

(Dit is heerlik saam met gebraaide snoek of braaivleis.)

Bestanddele:
500 Gram Bruismeel
500 ml Karringmelk
1 Blikkie Heelpitmielies
Knippie Sout

Metode:
Meng alles saam, plaas in 'n gesmeerde broodpannetjie,
en bak vir 30 - 45 minute by 'n voorverhitte oond van
180 C.
Terug Na Begin

MIKROGOLF FUDGE 1

Bestanddele:
1 blik Kondensmelk
2 k Strooisuiker
125 g Margarine/ Botter
1 t Vanilla Essence

Metode:
Voeg Kondensmelk, Strooisuiker en Margarine/ Botter saam in 'n groot glasbak
(ongeveer 15 cm hoog - mengsel borrel hoog gedurende kook proses!).
Kook op "High" vir 2 minute.
Haal uit; roer goed en plaas terug vir 8 minute op "High".
Haal uit; voeg 1 t Vanilla Essence by. Roer goed.
Gooi in 'n gesmeerde pan. Laat staan vir 2 minute.
Sny in blokkies en geniet!

(Opsioneel: kan ook neute/ rosyntjies/ Rice Krispies/ gebreekte beskuitjies
bygooi of smelt sjokolade en smeer bo-oor; HEERLIK!)
Terug Na Begin

MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK

Bestanddele:
1 k Bruismeel
1 t Bakpoeier
knippie sout
4 e kakao (jy kan ook 2 e koffie (opgelos in baie min water) en 1 t vanilje byvoeg)

Klits die volgende:
1 k suiker 2 eiers
k olie k warm water

Metode:
Voeg bymekaar en klits
Bak 5 minute by 100% krag.
Laat staan 10 minute in pan voor jy dit uit gooi.
Voer pan met waspapier uit om te voorkom dat dit vassit.

Versiersuiker:
Maak jou gewone sjokolade botter versiersuiker - net baie slap en loperig. Voeg kersies en neute by die versiersel.
Terug Na Begin

MIKROGOLF VRUGTEKOEK

Bestanddele:
125 g botter
500 g vrugtekoekmengsel
250 ml (1k) sagte bruin suiker
375 ml (1& 1/2k) water
5 ml (1 t) koeksoda
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
10 ml kitskoffiepoeier
5 ml gemengde speserye
5 ml fyn gemmer
knippie sout
100 g glanskersies, in kwarte gesny
100 g amandels, gekap.
2 eiers, geklits
15 ml brandewyn.

Metode:
Spuit 'n mikrogolf-ring-vorm van 2 liter met kleefwerende middel en voer
uit met handdoek papier.
Plaas die botter, vrugtekoekmengsel, bruinsuiker, water en koeksoda in 'n
glasbak en mikrogolf vir 10 minute teen 100% krag, moenie roer nie. Laat
heeltemal afkoel (Baie belangrik anders bak die koek nie reg nie).
Sif die dro bestanddele saam en meng met die afgekoelde mengsel.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Skep in die voorbereide ringvorm, plaas op 'n omgekeerde piering of
andersins 'n eierdosie (in oond) en mikrogolf 20 minute lank teen
50% krag, daarna vir 7-10 minute lank teen 30% krag (ontdooi)
As die koek wegtrek van die kante , is dit reg.
Keer uit op 'n draadrakkie en giet nog 'n bietjie brandewyn oor wanneer
afgekoel.
Draai toe in tinfoelie en bre in 'n lugdigte houer.
Lewer 'n groot koek.
Terug Na Begin

MOSTERTSOUS

Meng alles en kook oor lae hitte en roer aanhoudend.

Bestanddele:
2 eiers
driekwart koppie suiker
1 koppie wit asyn
1 teelepel mostert
1 teelepel maizena meng met bietjie asyn

Ook vir aartapelslaai en broodslaai kan ook room byvoeg by broodslaai.
Terug Na Begin

MOSTERT & TAMATIESOUS (WORSBROODJIES)

Bestanddele:
2 k bruinsuiker
4 t mostert
8 e maizena (vat minder)
2 k asyn
4 e gesmelte margarien
4 k tamatiesous

Kook alles saam & verdik met maizena.
Terug Na Begin

NOEDELSLAAI

Bestanddele:
3 koppies gekookte Noedels
1 Soetrissie in repies gesny
1 ui - gekap

Sous:
250 ml Tamatiesous
125 ml Asyn
125 ml Olie
200 ml Suiker
25 ml Cartwrights Kerriepoeier
Knippie Sout

Metode:
Meng sous deeglik en gooi oor
afgekoelde noedels.
Meng alles weereens deeglik
Verkoel oornag in yskas.
Terug Na Begin

OATS KOEKIES

Bestanddele:
2 k meel
4 k oats
2 k klapper
2 k suiker
250 g margarien
3 t stroop
2 t koeksoda

Metode:
Smelt botter & stroop (moenie kook nie net smelt)
Voeg koeksoda by
Meng die droe bestanddele saam
Gooi stroop by dro bestanddele
Gooi in 'n oondpan en druk vas
Bak vir 10 - 15 min teen 180 C
Haal uit en sny dadelik
Terug Na Begin

ONWERKLIKE TERT

(Maak:ongeveer 12 skywe)

Bestanddele:
4 eiers 50 ml margarien
250 ml suiker 125 ml koekmeelblom
2 ml sout 3 ml bakpoeier
500 ml melk 250 ml klapper
5 ml vanielje

Metode:
Plaas bestanddele in 'n mengbak en klits goed totdat al die bestanddele goed
gemeng is. Giet in 'n gesmeerde oondvaste 24 cm tertbord en bak sowat 45 -
55 min. by 180?C of totdat die bo-kors goudbruin is en die vlavulsel gestol
is.
Terug Na Begin

PAMPOENPOFFERTJIES IN STROOP

(Hierdie resep is baie lekker saam met enige tipe gekookte kos, en braaivleis)

Bestanddele:
500 ml fyngemaakte pampoen
250 ml bruismeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
kookolie
15 ml botter
325 ml suiker
200 ml melk
40 ml mielieblom
175 ml koue water
kaneel

Metode:
1. Meng pampoen, bruismeel, bakpoeier, sout en eier deeglik. Skep
teelepels in warm kookolie. Braai goudbruin en gaar.
2. Dreineer op bruinpapier en skep op opdienskottel. Verhit botter, suiker
en melk tot kookpunt.
3. Los mielieblom in water op en roer in 'n straaltjie by melkmengsel.
Verhit tot kookpunt en skep oor koekies.
4. Dien warm op.
Terug Na Begin

PANNEKOEK

Vol Resep
6 Koppies Koekmeel
5 Groot Eiers (Of 6 kleintjies)
1 Koppies Kookolie
3 Eetlepels Asyn
1 Teelepels Sout
5 Teelepels Bakpoeier
8 Koppies Water

Halwe Resep
3 Koppies Koekmeel
3 Groot Eiers
Koppie Kookolie
1 Eetlepels Asyn
Teelepel Sout
2 Teelepels Bakpoeier
4 Koppies Water

Metode:
Klits eiers en water baie goed.
Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer baie goed.
Gooi meel (gesif) by en klits weer baie goed.
Gooi bakpoeier laaste by en klits vir +- 1 minuut.
Hoe langer die mengsel staan voor gebruik, hoe beter. Die mengsel kan in die yskas gebre word vir +- 1 week
Terug Na Begin

PASTA EN MAALVLEIS

(Lekker saam met 'n volgraanbroodjie en vars blareslaai.)

Bestanddele:
500 g maalvleis
1 blikkie tamatie en uiesmoor
1 pakkie soppoeier (bruin uie werk lekker)
half pak rou pasta (macaroni, skulpies, wieletjies, of wat die kinders die
meeste van sal hou).
2 tot 3 koppies kookwater

Metode:
Braai die maalvleis tot gaar, gooi die soppoeier bo-oor en roer.
Gooi die blikkie tamatie en uiesmoor bo-oor en roer.

Gooi die pasta bo-op en dan die kookwater, eers net 2 koppies. Sit die
deksel op en wag so 15 min. Die mengsel moet prut en nie te vinnig kook nie
anders brand die vleis aan die onderkant. Haal deksel af en roer die pasta
tussen die vleis in. Nou behoort mens te sien of nog kookwater nodig is om
die pasta sag gekook te kry. Indien nodig gooi dan nog kookwater by en
moenie die deksel terugsit nie.

Na so 5 min behoort alles gaar te wees.
As mens van baie sout in kos hou sal dit nodig wees om nog sout by te gooi,
maar ek het gevind dat die soppoeier dit genoeg geur vir ons smaak.
'n Bietjie chutney bo-oor het ook nog niemand skade gedoen nie.
Terug Na Begin

PASTASLAAI

Bestanddele:
Macaroni ( hulle se 500ml - maar dit is baie! so gebruik diskresie!)
Blik lietsjies
Blik pynappelstukke / een pynappel
So 4 piesangs
Blike ertjies

Metode:
Meng alles en gooi bietjie suurlemoensap oor piesangs vir verkleuring

Sous:
125 ml mayo en 125 ml bier
meng en gooi oor slaai

PS: Ek het kondensmelk ok bygegooi en die ertjies gelos maar dit sal mooi
kleur gee.
Terug Na Begin

PEKANNEUT TERT

3 eierwitte.
1 kop. grof gekapte pekanneute.
1 kop. strooisuiker.
16 grof gekapte Salti Cracks beskuitjies.
kaneel.

Klop eierwitte styf en voeg strooisuiker stadig by. Klop soos vir meringues. Voeg kaneel by. Vou pekanneute en beskuitjies by. Giet in gesmeerde tertbak en bak teen
180 Grade C.vir 30 minute. Laat afkoel. Smeer 'n laag geklopte room oor tert net voor bediening. Rond af met 'n bietjie kaneel.
Terug Na Begin

PEPPERMINT CRISP TERT

Bestanddele:
1 x Boks Orly Whip - 2x sakkies
1 x caramel kondensmelk
1 x tennis beskuitjies
2 x pepperment crisp sjokelade

Metode:
Rasper 1 sjokelade.
Klits nou die orly-whip en kondensmelk saam.
Voeg gerasperde sjokelade by en roer.
Pak bak met tennis beskuitjies en gooi mengsel oor.
Rasper ander sjokelade bo-oor en verkoel tot styf.
Terug Na Begin

PERI-PERI PASTA SLAAI

Bestanddele:
1pk 500g Pasta [Gnocchi]; 1k Tamatiesous; 1k Suiker; 1k Olie; 1k Druiwe Asyn;
2 van 250ml bottel Knorr Peri-peri Sous; 4 Groot uie [fyn gekap]; 6 Groen/Rooi Rissies [gekap];

Metode:
1. Kook pasta vinnig in diep water met sout en 1E Olie, dreineer en spoel af
2. Smelt Bestanddele saam oor medium hitte
3. Roer Uie en Rissies saam en roer goed deur
4. Voeg Pasta by en roer liggies deur
5. Laat staan oornag
6. Bedien warm of koud

[Hou lank in die yskas]
Terug Na Begin

PIENK TERT

Bestanddele:
250 ml Room
500 ml Aarbei Yougurt
1 Pakkie aarbei Jellie
1 Blik Kondensmelk
1 Houer Maaskaas
1 Pakkie aarbei instant poeding
1 pakkie tennisbeskuitjies
Botter
1 eetlepel Vlapoeier
1 koppie warm water

Metode:
Klits room styf en voeg kondensmelk, yougurt en maaskaas by.
Voeg dro instant poeding by.
Meng goed deur.
Verkrummel tennis beskuitjies met botter.
Plaas in bak as kors.
Voeg mengsel in bak.
Begin eers met die volgende stappe as die tert gestol het.
Maak jellie aan met 1 k warm water.
Voeg vlapoeier by.
Kook in mikrogolf tot gaar.
Gooi oor gestolde tert.
Terug Na Begin

PIESANGBROOD

(Maak:1 Pannetjie)

Bestanddele:
60 g Botter
125 g Strooisuiker
1 Groot Eier
15 ml Stroop
3 Fyngedrukte piesangs
teelepel sout
250 g Bruismeel
3 eetlepels melk

Metode:
Smeer die pannetjie.
Klop botter tot sag, voeg strooisuiker by.
Meng piesangs met stroop en eier, gooi dit by bottermengsel.
Meng meel en sout en voeg by die piesangmengsel.
Meng alles goed, en gooi in pannetjie.
Bak 90 minute in voorverhitte oond van 180C .
Terug Na Begin

PIESANGSLAAI 1

Bestanddele:
Piesangs
room
suurlemoensap
kondensmelk
pietersielie

Metode:
Sny piesangs in skyfies, voeg genoeg suurlemoensap by.
Voeg kondensmelk en room by, net genoeg om piesangs te bedek.
Strooi gesnipperde pietersielie bo-oor.
Terug Na Begin

PIESANGSLAAI 2

Bestanddele:
6 - 8 redelike groot piesangs
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie pitmielies
1 blikkie gekerfde pynappel
mayonnaise

Metode:
Sny die piesangs in die mengsel van die kondensmelk, pitmielies, pynappel en mayonnaise en laat staan so 'n rukkie in die yskas (+/- 'n uur voor opdiening).
Terug Na Begin

POLONIE VETKOEKIES

Bestanddele:
2 kop. meelblom.
1 tl. sout.
1/2 tl. peper.
1 eier.
1 kop. melk.
1 kop. gerasperde knoffelpolonie.

Metode:
Sif die dro bestanddele saam en voeg die geklitste eier en melk by.
Voeg die polonie by en meng deeglik. Skep lepelsvol in warm vlak
olie en braai bruin aan albei kante.
Terug Na Begin

PYNAPPEL HOENDER

(Maak: 4 Porsies)

Bestanddele:
1 ui, gehalveer en in skyfies gesny
25 ml (2 e) sonneblom- of olyfolie
1 kg hoenderporsies
50 ml (4e) blatjang
250 ml (1k) rou rys
750 ml (3 k) sterk tee
1 pakkie sampioensoppoeier
1 x 440 g-blik pynappelstukke
1 elk rooi en groen soetrissie, pitte verwyder en in driehoeke gesny

Metode: Braai ui en hoenderporsies in warm olie tot verbruin. Gooi blatjang en
rys by en meng deur. Meng tee met soppoeier en gooi oor hoender.
Dreineer pynappelstukke en gooi sap by. Prut vir 30 min. Roer af en toe.
Gooi pynappelstukke en soetrissie by. Laat prut vir 10 min. tot net sag
en geur na smaak met sout en swartpeper. 'n Vullende maaltyd in een gereg.
Terug Na Begin

PYNAPPEL KAASKOEK

Bestanddele:
1 blik fyn pynappel
1 pak.pynappel of suurlemoen jellie
1 kop. smeerkaas
1/2 kop suiker
2 teel. vanilla
1 blik Ideal melk
1 teel. suurlemoensap

Metode:
Bring pynappel tot kookpunt. Gooi jellie by en sit eenkant om af te koel. Room kaas, suiker en vanilla. Klits melk met suurlemoensap tot styf. Voeg pynappel-mengsel en kaasmengsel by die melk en klits baie goed. Pak tennisbeskuitjies in 'n tertbak en gooi mengsel in. Gooi krummels bo-oor en laat vir een uur in koelkas
Terug Na Begin

PYNAPPEL KAASKOEK TERT

Bestanddele:
1 blik fyn pynappel
1 pak.pynappel of suurlemoen jellie
1 kop. smeerkaas
1/2 kop suiker
2 teelepels vanilla
1 blik Ideal melk
1 teelepel. Suurlemoensap
1 pakkie tennisbeskuitjies

Metode:
Bring pynappel tot kookpunt. Gooi jellie by en sit eenkant om af te koel. Room kaas, suiker en vanilla saam. Klits melk met suurlemoensap tot styf. Voeg pynappel-mengsel en kaasmengsel by die melk en klits baie goed. Pak tennisbeskuitjies in 'n tertbak en gooi mengsel in. Gooi krummels bo-oor en laat vir een uur in koelkas.
Terug Na Begin

PYNAPPEL MAASKAAS TERT

Bestanddele:
1 Konfytrol in skywe gesny
1 houertjie maaskaas 250g
1 blikkie kondensmelk - 397g
80 ml suurlemoensap
1 blikkie pynappelstukke - 410g
12.5 ml vlapoeier

Metode:
Voer tertbord met die rolkoekskywe uit - meng roomkaas, kondensmelk en suurlemoensap en skep dit bo-op die rolkoeklaag. Dreineer die pynappelstukke en behou die stroop. Maak die vlapoeier en bietjie van die stroop aan tot gladde mengsel. Verhit die res van die stroop en roer die vlamengsel by totdat dit verdik en helder word. Mikrogolf 3 minute. Rangskik die pynappelstukke op die roomkaaslaag - en gooi die stroop oor - verkoel in yskas.
Terug Na Begin

PYNAPPEL TERT

Bestanddele:
2 pakkies tennis beskuitjies
2 pakkies suurlemoen jellie
1 blikkie ideal melk
3 koppies kookwater
1 blik pynappelmoes

Metode:
Verkoel die ideal melk tot goed koud, maar moet nie laat ys nie. Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel, maar moenie dit laat stol nie. Klop ideal melk tot styf, voeg by jellie en pynappelmoes en klop goed. Pak beskuitjies en ideal melk mengsel in lae en eindig met 'n laag beskuitjies gefrummel bo-op.
Terug Na Begin

PYNAPPEL-YSKASTERT 1

Bestanddele:
2 pakkies tennis beskuitjies
2 pakkies suurlemoen jellie
1 blikkie ideal melk
3 koppies kookwater
1 blik pynappelmoes

Metode:
Verkoel die ideal melk tot goed koud, maar moet nie laat ys nie. Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel, maar moenie dit laat stol nie. Klop ideal melk tot styf, voeg by jellie en pynappelmoes en klop goed. Pak beskuitjies en ideal melk mengsel in lae en eindig met 'n laag beskuitjies gefrummel bo-op.
Terug Na Begin

PYNAPPEL-YSKASTERT 2

Bestanddele:
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie suurlemoen jellie
1 blikkie fyn pynappel
1 room
1 pakkie tennisbeskuitjies

Metode:
Pak tennisbeskuitjies in tert bak (nie kleiner as "bord" grootte nie)
Maak jellie soos gewoonlik aan
gooi blikkie kondensmelk by en roer
dreineer pynappel tot droog en gooi by mengsel
gooi bogenoeme mengsel oor tennisbeskuitjies klits room tot styf en smeer oor mengsel
Sit oornag in yskas
PS :Jy kan sjokelade oor die room rasper vir afronding
Terug Na Begin

ROMERIGE HOENDERLEWERPASTA

Soteer 2 gesnyde uie en 1 knoffelhuisie in botter tot sag
Voeg 300 g hoenderlewers by en soteer tot effe bruin
Voeg 250 ml hoenderaftreksel by en laat prut 20 minute lank
Voeg 1 buisie uitgedrukte spekvleissmeer by
Verhit tot deurwarm
Meng liggies met gaar penne-pasta
Terug Na Begin

ROOMTERT

Kors:
1 pakkie Marie Beskuitjies ( Gooi in plastiek sak en rol dit fyn)
Meng krummels met 125 gram gesmelte margarien en druk dit eweredig vas in 'n 2 liter Pyrex bak.

Vulsel:
125 ml Vars room
1 Orley Whip met 2 sakkies kunsroom in.
2 x blikkies kondensmelk
125ml suurlemoensap

Metode:
Klits 1 en 2 saam totdat punte begin vorm.
Vou die kondensmelk se inhoud daarin, moenie klits nie.
Gooi nou die suurlemoensap by en roer liggies totdat alles mooi gemeng is.
Plaas in yskas vir ongeveer 12 ure.
Terug Na Begin

RUM EN ROSYNE TERT

Bestanddele:
1 pakkie tennis beskuitjies
1 Blik kondensmelk
2 sakkies orley whip
7ml rum geursel
koppie pitlose rosyne

Metode:
Bedek rosyne met warm water en laat staan vom uit te swel. Klits Orley Whip styf en voeg kouer kondensmelk, geursels en rosyne by. Pak laag op laag en plaas in die yskas. Bedien koud.
Terug Na Begin

RYSSLAAI

Bestanddele:
250 ml Rou rys
15 ml Matige kerriepoeier
2,5 ml Sout
750 ml Dun hoendersop
1 Tamatie
1 Groen soetrissie
250 ml Ingemaakte geelperskeskywe
30 - 45 ml Perskestroop
30 ml Fyn gekapte ui
30 ml Mayonnaise
5 ml Suiker
Slaaiblare

Metode:
1. Kook rys, kerriepoeier en sout in die sop tot gaar.
2. Skil tamatie, haal pitte uit en kap res van tamatie op.
3. Doop soetrissie 1 minuut lank in kookwater ontpit en kap in stukkies.
4. Sny perskeskywe in stukkies.
5. Meng nou al die bestanddele by die res en skep op slaaiblare.
Terug Na Begin

SAGOPOEDING

Bestanddele:
1 kop. sago
4 eetl. suiker
2 eetl. margarien
5 kop. melk
3 eiers

Metode:
Kook sago in melk tot gaar. Gooi suiker en margarien by, dan geklitste eiers. Bak tot bruin.
Terug Na Begin

SEEKOS EN PASTAGEREG

Gemengde seekos, hoeveelheid afhangend van hoeveel persone.
Visspeserye - genoeg!
Thai speserye
knoffel
sout en peper
tobascosous (ops, of iets anders, tobasco sous ongelooflik duur)
pietersielie
"Spring onions"
uie
tamatie
sjerrie
room
pasta (ops)

Braai uie, tamatie, pietersielie, sampioene en seekosmengsel saam, roeg
gedurig. Voeg al die geurmiddels en sjerrie by en prut so vir 'n halfuur.
Voeg room by en prut vir 5 minute.

Meng met gaar pasta of bedien net so as 'n voorgereg.
Terug Na Begin

SEMELROOMBESKUIT

Bestanddele:
1 kg Bruismeel
8 x 250 ml Semels
500 ml Witsuiker
5 ml sout
500 gr Margarien of Bottter
1 liter Room (of room en ingedampte melk)

Metode:
Verhit oond tot 180C
Smeer twee rolkoekpanne van 40 x 27 x 2

Meng die bruismeel, semels, witsuiker en sout saam
Frummel die smeer daarin
Voeg die room by en meng goed
Druk deeg eweredig met spaan in panne
Sny die deeg in vierkante van ongeveer 4 x 6cm
Bak beskuit ongeveer 45 minute tot gaar en effens bruin
Keer versigtig uit op draadrak en laat afkoel
Wanneer koud, sny stukke los deur vurk in snymerke te steek
Droog beskuit uit in koel oond
(Voer panne uit met waspapier of bakpapier want die beskuit is baie bros en
geneig om vas te sit.
As die deeg bietjie droog is, kan bietjie ekstra melk bygevoeg word)
Terug Na Begin

SJOKOLADEKOEK 1

Bestanddele:
6 eiers, geskei
1 koppies koekmeel
1 koppies strooisuiker
koppie kookolie
koppie kookwater
3 eetlepels kakao
1 teelepel sout
3 teelepels bakpoeier
1 teelepel vanieljegeursel

Metode:
Klits geel van eiers, voeg suiker by en klits goed. Los kakao op in
kookwater, voeg olie by en voeg dit dan by die eiermengsel en meng goed.
Voeg meelblom, sout, bakpoeier en vanielje by en meng alles goed. Klits
eierwitte styf en vou in. Bak by 180 grade vir 35 minute in groot oondpan.

Kook die volgende bestanddele saam en gooi warm oor die koek:

2 koppies suiker
2 koppies koue water
1 teelepel vanieljegeursel
2 groot eetlepels koffie

Laat die koek nou heeltemal afkoel. Smeer 1 blik karamelkondensmelk
bo-oor. Klits 2 sakkies Orley Whipp styf en smeer oor koek. Strooi
'flake' oor.
Terug Na Begin

SJOKOLADEKOEK 2

Bestanddele:
6 eiers, geskei
1 koppies koekmeel
1 koppies strooisuiker
koppie kookolie
koppie kookwater
3 eetlepels kakao
1 teelepel sout
3 teelepels bakpoeier
1 teelepel vanieljegeursel

Metode:
Klits geel van eiers, voeg suiker by en klits goed. Los kakao op in
kookwater, voeg olie by en voeg dit dan by die eiermengsel en meng goed.
Voeg meelblom, sout, bakpoeier en vanielje by en meng alles goed. Klits
eierwitte styf en vou in. Bak by 180 grade vir 35 minute in groot oondpan.

Kook die volgende bestanddele saam en gooi warm oor die koek:
2 koppies suiker
2 koppies koue water
1 teelepel vanieljegeursel
2 groot eetlepels koffie

Laat die koek nou heeltemal afkoel. Smeer 1 blik karamelkondensmelk
bo-oor. Klits 2 sakkies Orley Whipp styf en smeer oor koek. Strooi
'flake' oor.
Terug Na Begin

SJOKOLADEKOEK MET SOUS

1.Meng: 1 k koekmeel
1 k suiker
t sout
2 t bakpoeier

2. Meng: k kakao
k kookwater
k kookolie
4 eiers (geel alleen)
4 t vanielje-essens

3. Meng bestanddele no. (1) en (2)
Klits eierwitte styf, vou by die mengsel in.
Bak vir 30 min @ 180 in 'n glasbak.

4. Sous:
Smelt: k suiker
Blik Ideal melk
Gooi oor warm koek.

5.Laastens:
Meng blik Ideal melk met sjokolade en smelt. Gooi
dan oor koek.
Terug Na Begin

SJOKOLADE KRAKELINGE

Bestanddele:
2 e Kakao
2 k suiker
1 t essens
k melk
125 g botter
2 k oats
1 k klapper

Metode:
Sit neute, kers, ens by (opsioneel)

Gooi 1st 5 bestanddele bymekaar
Sit in mikrogolf smelt & roer kort-kort
As dit kook - kook vir 5 minute
Gooi res by en meng

Skep op waspapier telepels vol.
Terug Na Begin

SJOKOLADE MOUSE

(ook lekker by sjokolade koek as versiersuiker)

Bestanddele:
50 ml vla
50 ml Kakao
175 ml suiker - meng bogenoemde saam met bietjie melk van die 500 ml
500ml melk - kook die melk
15 ml gelatien
30ml kouewater - meng dit en hou eenkant
510 g Idealmelk

Metode:
Meng vla, kakao, suiker en voeg van 500 ml melk by
Kook res van die melk Gooi by vla mengsel, en gooi terug in kastrol en kook dit net op. Roer aanhoudend.
Meng gelatien en kouewater en laat staan om dik te word.
Gooi dan die gelatien by melkmengsel. Roer to dit opgelos is.
Laat afkoel. Klop Idealmelk styf en vou in die mengsel.
Terug Na Begin

SJOKOLADE VRIESKASTERT

Bestanddele:
45 ml (3 e) botter
45 ml (3 e) strooisuiker
250 m (1 k) fyngekapte gemmerkoekies
15 ml (1 e) kakao
45 ml (3 e) water
310 ml (1 k) dik room styf geklop
15 ml (1 e) brandewyn
1 groot eier

Metode:
Smeer 'n 1 kg broodpan liggies met botter of bespuit
Voer uit met bakpoeier en smeer weer
Smelt botter en suiker in kastrol
Verwyder van plaat en voeg beskuitjieskrummels by
Roer deur en laat afkoel
Druk die helfte van die mengsel op die bodem van die broodpan vas
verkoel
Los die kakao in die water op en vou by die room in
Roer brandewyn by
Klits die eierwit tot dit stywe punte vorm en vou in
Giet die mengsel oor die beskuitjies in die pan
Maak gelyk en strooi die orige krummelmengsel bo-oor
Bedek en bevries ongeveer 2 - 3ure verkieslik oornag tot hard
Keer uit en bedien met sjokoladesous
Genoeg vir 6 mense
Terug Na Begin

SLAAISOUS 1

Bestanddele:
1 teel. mosterdpoeier.
1/2 teel. sout.
1/4 teel. peper.
1/2 kop. kondensmelk.
1 eiergeel.
1/4 kop. slaaiolie.
1/4 kop. asyn.

Metode:
Meng dro bestanddele, en voeg by kondensmelk. Klits eiergeel en
voeg by. Voeg eers olie en laastens asyn by en meng goed. Laat
staan 'n rukkie en voeg by slaai.
Terug Na Begin

SLAAISOUS 2

Bestanddele:
1 eetl. meelblom.
1/4 teel. sout, peper
2 eetl. suiker.
3/4 teel. dro mosterd.
2 eiers, effens geklits.
3/4 kop. melk.
1/4 kop botter.
1/2 kop. asyn.

Metode:
Sif dro bestanddele. Voeg res stadig by. Roer oor kokende water tot
mengsel begin dik word. Laat afkoel. Gooi oor slaai.
Terug Na Begin

SLAAISOUS 3

Gooi die volgende bestanddele saam in 'n le oliebottel:

2 Koppies olie
1 Koppie asyn
(Skud die bottel totdat die mengsel wit word) en voeg dan

Verder By:
2 Teelepels Aromat
2 Teelepels Sout
3 Lepels Suiker
1 Teelepel Tiemie
2 Teelepels Dro Pietersielie
1 Teelepel Swart Peper
1 Knoffelhuisie fyn gesny

Skud die mengsel goed en plaas in die yskas. Hoe langer dit staan hoe
lekkerder word die sous en is heerlik oor mengelslaai.
Terug Na Begin

SMOORKOOL

Bestanddele:
1 middelslag ui
30ml sonneblom olie
2 tamaties
400g gesnipperde kopkool
2 ml sout
growwe swart peper

Metode:
Skil die ui en sny in ringe. Soteer uieringe in sonneblom olie.
Skil die tamaties en sny in blokkies. Voeg dit by die uieringe en smoor 'n paar
minute saam. Voeg die kopkool by en roerbraai die mengesel oor stadige hitte
net totdat die kool sag is. Geur met sout en swart peper. Bedien warm.
Terug Na Begin

SNEEU POEDING RESEP

Bestanddele:
22,5 ml (1 e) gelatien
60 ml ( k) koue water
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) suiker
60 ml ( k) suurlemoensap
gerasperde geel skil van suurlemoen
2 eiers, geskei
vla poeier

Metode:
1. Week die gelatien vir 5 minute of langer in koue water en los dit op in die kookwater.
2. Voeg suiker, suurlemoensap en -skil by.
3. Syg mengsel deur 'n sif en laat op 'n koel plek afkoel.
4. As die mengsel feitlik gestol is, klits dit met 'n vurk of klitser tot lig en sponserig.
5. Klits eierwitte styf en vou in.
6. Giet in 'n nat vorm om verder te stol.
7. Maak vla van die eiergele en sit voor saam met die poeding. (As u nog
weet hoe om vla op die ou manier te maak!!)
Terug Na Begin

SNOEKTERT

Kors:
1 k meel
1 t bakpoeier
sout
3 e gesmelte botter

Meng & voeg koue water by indien nodig (sagte deeg).
Smeer in 'n bak

2 k melk
60 ml meel
sout
1 e botter
maak 'n witsous daarvan

Haal van die stoof af

1 Blik snoek
1 k gerasperde kaas
1 eier (kan gekookte eier insit - in stukkies gesny)
t papirka
1 t pietersielie

Meng en gou op kors & bak by 180 C.
Versier met kaas & uie chips bo-oor
Terug Na Begin

SOUFFLE

Bestanddele:
200ml dik witsous
3 eiers, geskei
100g (200ml) geurige bestanddele
2ml sout
peper / paprika (slegs vir geurige souffls)

Metode:
Plaas oondrak 2/5 van onder af in die oond.
Stel oond op 180 grade.

Maak witsous.
Klts eiergele tot liggeel en dik.
Meng eiergele met die res van die bestanddele, behalwe die eierwit.
Klits die witte tot stywe stadium en vou die eiermengsel daarby in.
Skep mengsel in oondskottel waarvan net die boom gesmeer is.
Die oondskottel moenie meer as vol wees nie.
Sit die oondskottel in die oond in 'n pan met warm water en bak +/- 45 minute lank.
Dien dadelik op.

Variasies:
Geurige souffl : Meng gaar, gemaalde ham en gesorteerde sampioene / gebruik fyngemaakte vis, gemaalde gaar hoender, kalkoenvlies of gar, fyn groente.
Kaassouffl: Meng 200ml Cheddarkaas by die witsous totdat dit gesmelt het. Voeg ook 1ml mostert by.
Terug Na Begin

SOUSKLUITJIES 1

Kluitjies:
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
50 ml margarien / botter
1 eier
100 ml melk

Sous:
500 ml kookwater
25 ml margarien / botter
kaneelsuiker

Metode:
Sif dro bestanddele saam. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk.

Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte deeg.
Voeg nog melk by indien nodig.

Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat kook 15 minute. Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie.

Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n diep opskepskottel. Strooi kaneelsuiker oor.

Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.
Terug Na Begin

SOUSKLUITJIES 2

Bestanddele:
260 ml Meelblom
25 ml botter
25 ml bakpoeier
3 Eiers
250 ml melk
sout

Sous:
1 Liter water
480 g suiker (600 ml)
1 ml sout
20 ml asyn

SOUS OM OOR SOUSKLUITJIES TE GOOI:
25 ml botter
20 ml kaneel
15 ml naeltjies
120 ml asyn
60 ml vlapoeier aangemaak met bietjie water

Metode:
Sif dro bestanddele saam. Vryf botter in.
Klits eiers en melk goed. Voeg by dro bestanddele.
Meng goed.

Skep lepelsvol in kastrol, 4 cm gevul met kookwater en
20 ml asyn. Plaas deksel dadelik terug en prut oor lae
hitte vir 7 - 10 minute.

Skep kluitjies in opdienbak en strooi kaneelsuiker bo-oor.

Berei sous om oor te gooi:
Kook al die bestanddele saam behalwe die vlapoeier.
Bring tot kookpunt. Verdik met vlapoeier. Gooi sous
oor kluitjies.
Dien warm op saam met dun vla.
Terug Na Begin

SOUTTERT 1

Bestanddele:
1 Groot Ui (fyngekap)
koppie fyn vars sampioene
groenrissie (fyngekap) (green pepper)
1 pak (250 g) fyn spek (Bits 'O Bacon)
1 EL fyn knoffel
250 ml (1 kop) melk
125 ml ( kop) Koekmeelblom
2 eiers, geskei
250 ml (1 kop) gerasperde Cheddarkaas
1-2 tamaties
Sout en peper na smaak
Cayenne peper.

Metode:
1. Braai spek tot gaar
2. Voeg by ui, knoffel, groenrissie & sampioene.
Smoor tot uie glaserig is.
3. Meng melk, meel, eiergele, sout en peper.
4. Vou spekmengsel by en meng goed
5. Klits eierwitte styf en vou in by mengsel
6. Smeer groterige bak en gooi mengsel in.
7. Sny tamaties dun skyfies bo-op
8. Strooi kaas bo-op
9. Sprinkel Cayennepeper bo-op.
10. Bak vir 30 minute by 180C of tot gestol.
Terug Na Begin

SOUTTERT 2

Smelt Saam:
30 ml. botter.
Voeg 30 ml. meelblom stadig by..
Voeg 500 ml. melk stadig by en roer tot dik en glad.
Voeg bogenoemde by 2 geklitste eiers en meng goed.

Voeg By:
125 g. Fyngesnyde gebraaide ontbytspek.
125 g. Fyngesnyde ham.
125 g. gerasperde kaas.
2 hardgekookte gerasperde eiers.

Sout en peper en aangemaakte mosterd na smaak.
Bak in gesmeerde vuurvaste bak in oond teen 180C / 350F tot gaar.
Terug Na Begin

SOUTTERT 3

Week 4 dik snye wit brood in 2 kop. melk en druk fyn.
1 blik weense worsies.
1 kop. gerasperde kaas.
3 eiers, geklop.
knippie peper
Sout.
Pietersielie.

Meng alles saam en bak teen 180C / 350F.
Terug Na Begin

SOUTTERT 4

1 blik beef.
1 blik worsies.
1 blik sweetcorn.
1 dl. bakpoeier.
1 kop. meelblom.
5 eiers.
1 kop. kaas.
2 kop.melk.
1 eetl. pietersielie.
1 ui.
1/2 kop. kookolie.
sout.

Meng alles goed, en bak in oond teen 180C / 350F tot gaar.
Terug Na Begin

SOUTTERT 5

5 snye wit/bruin brood (sonder korsies) gooi in kastrol
3 k melk
3 e botter
kook bogenoemde

Haal van stoof af en gooi by:

1 Blik weenseworsies of bullybeef
1 k kaas 1 Ui
Rooipeper 1 Pak bacon geknip
3 Eiers Pietersielie

Meng goed & bak teen 180 C.
Terug Na Begin

SPAGHETTI MET TAMATIESOUS

2 uie
2 eetl. Botter of margarien
4 of 5 ryp tamaties
Sout en peper na smaak
1 teelepel suiker
2 koppies gekookte spaghetti
kwart tot half koppie gerasperde kaas

1. Sny die uie in dun skywe en braai dit in die warm botter of margarien in 'n kastrol tot dit effens bruin is.
2. Voeg die tamaties, in skywe gesny, by en kook totdat dit sag is.
3. Voeg sout, peper en suiker by en vryf die sous met 'n houtlepel deur 'n draadsif.
4. Sit die spaghetti in 'n plat skottel, sit die kaas in die middle bo-op en gooi die tamatiesous oor die kaas en spaghetti.
Terug Na Begin

SPEEL DEEG

Meng Saam:
2 koppies koekmeel
koppie sout
30ml kremetart

Meng Saam:
2 koppies water
30ml olie
5ml kleursel
5ml geursel

Voeg nou alles bymekaar en meng goed.
Plaas in mikrogolf (op hoog) vir 4 tot 5 minute. Roer na elke minuut.
Die deeg word ligter in kleur soos dit gaar word.
Dit hou vir maande (buite die yskas) as dit dig toegemaak
Terug Na Begin

SPEK EN KAAS SPAGHETTI

Die bestanddele pas jy maar aan afhangende van hoeveel mense jy wil kos
gee, maar dit kom nogal redelik ver en word daar altyd 'n tweede keer ook geskep.

1 Pak Spaghetti
2 Pakke gekapte spekvleis
500 g Gerasperde Cheddarkaas (Hoe meer kaas hoe lekkerder)
2 Pakke Gekerfde Sampioene

Braai die spekvleis en sampioene saam tot heerlik bruin en bros.
Kook die spaghetti tot gaar en dreineer.
Roer die warm spaghetti tussen die spekvleismengsel in.
Roer al die kaas tussenin en laat dit smelt.
Terug Na Begin

SPINASIE KOEKIES

Klits 3/4 koppie water en 1 groot eier saam.

Voeg 1 en 1/2 koppie meel, 1 teelepel sout, peper en 1 teelepel bakpoeier by
en meng.

Was spinasie af en sny in repe.

Meng met deegmengsel.

Skep met 'n lepel in pan met voorafverhitte olie.

Bak aan elke kant tot bruin (net 'n paar minute aan 'n kant - dis vinnig
gaar).

Dit lewer so 15+ koekies, afhangende hoe groot skeppe jy skep.
Terug Na Begin

STAMPKORINGSLAAI

Bestanddele:
250 ml stampkoring
1 x 410 g blik perskeskywe
1 soetrissie
2 ml mosterdpoeier
125 ml mayonaisse
sout
peper
1 kookappel 1 uitjie

Metode:
Kook stampkoring sowat 45 min of tot sag - gooi in vergiettes en spoel met
koue water af. Laat goed dreineer -
Meng mayonnaisse en mosterd . Kap ui - sny appel in dobbelsteentjies en
ontpit - sny soetrissies in repe.
Dreineer perskes en sny kleiner. Plaas alle bestanddele in slaaibak. Geur
met sout en peper en meng met twee vurke.
Terug Na Begin

SUURLEMOEN YSKASTERT

Bestanddele:
1 blikkie kondensmelk
1 koppie suurlemoensap
1 pakkie tennisbeskuitjies.
1,5 liter vla (lekker dik aangemaak met genoeg suiker om dit soet te maak)

Metode:
Meng die kondensmelk met die suurlemoensap. Pak 'n ry tennisbeskuitjies onder in 'n vierkantige glas/platiek bak. Giet helfde van die vla oor en laat 'n rukkie afkoel, giet nou weer die helfde van die kondensmelk mengsel oor, en smeer eweredig oor vla. Pak weer 'n ry tennisbeskuitjies en giet die res van die vla daaroor, laat weer bietjie afkoel. Gooi nou die res van die kondensmelk mengsel oor die vla - eweredig gesmeer en krummel 'n paar fyngemaakte beskuitjies bo-oor. Plaas in yskas en laat stol. (Hmm heerlik).
Terug Na Begin

TAMATIEBLATJANG

Bestanddele:
2 pond tamaties
half pond bruin suiker
1 k asyn
half pond sultanas
1 e mosterd
1 e fyn gemmer
1 e sout
2 uie, in dun skyfies gesny
kwart t rooipeper

Metode:
1. Skil die tamaties af (dompel hulle 'n paar minute lank in kookwater en daarna in koue water om die skilletjies los te maak) en sny hulle fyn.
2. Meng al die Bestanddele en kook dit stadig in 'n emaljekastrol tot dit die regte dikte het. Roer dit af en toe om te voorkom dat dit brand.
3. Bottel terwyl dit warm is en versel dit sodat geen metal met die blatjang in aanraking kom nie.
Terug Na Begin

TAMATIESAP

1. Was gesonde, ryp tamaties en sny die stingelkante en alle groen deeltjies weg. Sny die tamaties in stukke.
2. Druk die tamaties effens stukkend in 'n kastrol om 'n gedeelte van die sap uit te druk en verhit dit stadig met die deksel op tot dit kook. Daar word nie water bygevoeg nie.
3. Kook dit 5 minute lank stadig of tot die tamaties sag maar nie pap is nie. Dit kan ook gestoom word tot dit sag is, indien verkies.
4. Vryf die sap met 'n houtlepel deur 'n draadsif. Voeg half teelepel sout en 1 teelepel suiker by elke pint tamatiesap.
5. Gooi die sap in skoon bottles.

Tamaties kan ook so heel bevries word.
Ek bre gewoonlik tamaties in die vrieskas en indien ek nodig kry vir souse of soppe, plaas ek die gevriesde tamaties in koue water en die skilletjies kom baie maklik af.
Terug Na Begin

TAMATIESOP

Bestanddele:
2 koppies room
1 teelepel suurlemoensap
teelepel peper
koppie uiegras roomkaas
1 blik tamatiesop
bietjie gerasperde uie
2 teelepels 'horse raddish' (Opsioneel)
1 t sout

Metode:
Klits alles saam - verkoel voor bedien.
Genoeg vir 4-6 persone.

(Gerasperde komkommer kan ook bygevoeg word).
Terug Na Begin

TAMATIESOUS

Bestanddele:
10 pd ryp tamaties
2 uie
2 tot 4 huisies knoffel
1 pint asyn
1 e naeltjies
1 e piment
1 e peperkorrels
1 e stukkies pypkaneel
2 e sout
1 e mosterd
1 k suiker

Metode:
1. Verwyder die skille van die tamaties. Skil die uie. Rasper of maal die tamaties, die uie en die knoffel
2. Kook oor stadige hitte tot dit sag is en vryf dit met 'n houtlepel deur 'n sif om al die pitte te verwyder.
3. Voeg die asyn, die suiker, die sout en die mosterd by en knoop die speserye in 'n kaasdoekie toe. Voeg dit ook by.
4. Kook die mengsel en roer af en toe tot die volume omtrent een derde verminder het en die sous die dikte van witsous het. Verwyder die speserye.
5. Gooi dit in 'n skoon, dro, warm bottles en versel hulle terwyl hulle nog warm is.
Terug Na Begin

TIRAMISU

Bestanddele:
125 ml sterk swart koffie
62.5 ml brandewyn
2 groot eiers geskei
125g Bakers Boudior beskuitjies
25 ml strooi suiker
10 ml addisionele brandewyn
10 ml kakao
150g la campania mascarpone kaas

Metode:
Meng koffie en 62.5 ml brandewyn.
Doop beide kante van die beskuitjies in die mengsel en rangskik op die bodem van 'n vlak bak. Bedek die bodem van die bak met die beskuitjies. Gooi die oorblywende stroop oor die beskuitjies.
Room geel van eiers (geskei) en strooisuiker saam tot dit dik en geel is. Voeg 10 ml brandewyn en la Campania kaas by die eiermengsel en meng tot glad. Klits die eier witte tot styf, en vou in die eiermengsel in. Gooi die mengsel oor die beskuitjies. Los in die yskas vir 4 ure tot dit geset is. Besprinkel met kakao voor dit bedien word. Bedien 4 - 6 porsies.
Jy kan die beskuitjies in twee lae pak, en dit met 'n bietjie room en selfs kaneel bo-op bedien.
Terug Na Begin

TREFFERFUDGE (Mikrogolfoond)

Bestanddele:
1 Blik Kondensmelk
2 k Strooisuiker
125 g Margarien/Botter
1 t Vanielje Essens

Metode:
Voeg Kondensmelk, Strooisuiker en Margarien saam in 'n groot glasbak ( 15 cm hoog).
Kook op Hoog vir 2 minute. Haal uit; roer goed en plaas terug vir 8 minute op Hoog.
Haal uit; voeg 1 t Vanielje essens by. Roer goed.Gooi in 'n gesmeerde pan. Laat staan vir 2 minute. Sny in blokkies en geniet.
Terug Na Begin

TRIFLE

Bestanddele:
1 sponskoek
500ml ultramel vla
fyn neute
250ml room
sjerrie na smaak
1 blik ingelegde perskes
2 x rooi jellie
2 x groen jellie

Metode:
Los jellie op in die yskas die vorige aand. Krap jellie met die vurk. Begin met die koek. Gooi bietjie sjerrie oor die koek. Pak dan 'n laag perskes, 'n laag jellie, 'n laag neute, 'n laag vla en dan weer koek, jellie, neute en vla. Eindig met room. Versier met neute en gerasperde flake of pepermint crisp.
Terug Na Begin

TUISGEMAAKTE LIKEUR'S

Bestanddele:

1.)Koffieroomlikeur - (lewer 500 ml)

1 blikkie kondensmelk
170g blikkie ingedampte melk
7 ml vanielje geursel
10 ml sterk kitskoffiepoeier (aangemaak met bietjie kookwater)
12,5 ml gliserien
250 ml Whisky

Metode:
Meng bestanddele, gooi in 'n bottel en versel.
Laat staan minstens 7 dae lank.
Skud gereeld.

2.)Room Likeur - (lewer 750 ml)

1 blik kondensmelk
250 ml vars room
125 ml Whisky
125 ml Brandewyn
2 eiergele
10 g donker sjokolade gesmelt
12,5 ml vanielje geursel

Metode:
Meng die bestanddele saam in 'n menger of versapper.
Klits vir ongeveer 15 minute.
Hou koel en bedien.

3.)Koffie Likeur - (lewer 1,7 l)

500 ml water
500 g wit suiker
250 ml sterk swart koffie (moerkoffie)
375 ml vodka
375 ml rietspiritus (Cane)
200 ml desertwyn
25 ml vanielje geursel

Metode:
Kook stroop van water en suiker, voeg dan koffie by en meng.
Laat afkoel.
Voeg vodka, rietspiritus, desertwyn en vanielje by.
Laat koud word.
Gooi in bottels en versel.
Laat staan 3 - 4 weke voor gebruik.
Terug Na Begin

TUISGEMAAKTE VOLROOM ROOMYS

Bestanddele:
1 L Room
2 x Blikkies kondensmelk
4 eiers (geskei)
1 x koppie versier suiker
5 ml Vanilla geursel
5 ml Karamel geursel

Metode::
Klits die room tot styf, hou eenkant - Klits die 4xEier witte tot styf, hou eenkant - Meng die versier suiker en eier gele saam, hou eenkant.

Klits nou die 2 x blikkies kondensmelk by die styf geklitste room - voeg nou die eier gele en versiersuiker mengsel by en klits goed - heel laaste gooi nou die Vanilla,Karamel geursel en geklitste eier witte by en klits alles goed en gooi in roomys bakke en hou in vrieskas (8 of meer ure - voor inskep)

Maak bietjie meer as 2 L

Terug Na Begin

TUNAGEREG

Bestanddele:
1 Blik Tuna (kan meer gebruik)
1 Blik Sweetcorn
2 Eiers
1 Blik Idealmelk
Uie & greenpepper
1 k Kaas

Metode:
Meng alles saam en bak in die oond teen 180 C.
Terug Na Begin

TUNATERT

Bestanddele:
1 blik Tuna.
30 ml. meelblom.
2 eiers.
375 ml. melk.
250 ml. gerasperde kaas.

Metode:;
Klits eiers en melk goed. Meng tuna, meel en kaas met eiermengsel.
Bak vir 30 minute in oond teen 180C / 350F
Kan met pietersielie versier word.
Terug Na Begin

UIE KOEKIES

Bestanddele:
1 pk. bruismeel. ( 1 lb )
1 tl. bakpoeier. ( opsioneel. )
1/2 kop. botter.
1/2 kop. kaas.
1 tl. sout.
knippie rooi peper.
2 fyngerasperde uie.

Metode:
Meng soos vir skons. Maak ronde bolletjies, druk plat met vurk op
bakplaat. Bak teen 200 Grade C tot bruin.
Terug Na Begin

VEELSYDIGE KOELKASVRUGTETERT

Bestanddele:
1 pakkie jellie (80g)
1 blikkie ingedampte melk (410g) oornag in koelkas gelaat
1 teelepel bakpoeier
1 eetlepel suiker
1 blikkie ingelegte vrugte, bv. Gemende vrugte, perskes, koejawels of iets soortgelyks
1 pakkie tennisbeskuitjies, suikerbroodvingers of self rolkoekskyfies vir kors

Metode:
1. Laat ingedampte melk oornag in koelkas.
2. Klits melk en bakpoeier tot skuim.
3. Gooi stroop van vrugte af en kook.
4. Maak nou die jellie aan met die gekookte vrugtesous.
5. Roer jelliepoeier goed in vrugtesous terwyl dit nog kook, tot opgelos, en laat dan tot goed afgekoel.
6. Sny die vrugte in die melkmengsel in en klits effens tot gemeng.
7. Klits die suiker in die jelliemengsel in.
8. Klits nou die jelliemengsel in die vrugtemengsel in.
9. Pak beskuitjies of dun gesnyde rolkoekskyfies onder in 'n glasbak as kors.
10.Gooi die mengsel oor die beskuitjies en laat staan in koelkas om verder goed af te koel en
te stol. .
11.Versier met klapper, koekiekrummels of roomrosies, soos verkies.
Terug Na Begin

VETVRYE ALL-BRAN BESKUIT

250 g All-bran + 100 g klapper 1 kg bruismeel
400 g suiker 2 t bakpoeier
1 t sout 1 k sonneblomsade/pekanneute
500 ml appelsap t asyn
t koeksoda k afgeroomde melk
3 eiers

Meng t asyn, t koeksoda en K afgeroomde melk (eie karringmelk!). Laat staan 'n rukkie. Klits 3 eiers saam met 500 ml appelsap. Voeg dro bestanddele by en meng alles saam. Gooi in een groot of twee kleiner gesmeerde pan(ne). Bak + 1 uur by 160?C. Sit foelie bo-oor. Sny met elektriese mes.
Terug Na Begin

VETVRYE KAASSOUS

Hierdie witsous bevat geen kaas of botter nie, en tog is dit so smaakryk dat jy (en jou gaste) dit waarskynlik nie sal agterkom nie. Gebruik dit saam met gekookte groente, geposjeerde vis en selfs om Lasagne te maak.

Verhit 2 koppies vetvrymelk in 'n swaarboom kastrol. In 'n ander houyer, meng 6 eetlepels vetvrye melk en 4 opgehoopte teelepels mielieblom tot 'n baie gladde pasta. Wanneer die melk begin kook, haal van die stoof af en roer die mielieblom pasta daarin. Sit terug op die stoor en roer aanhoudend totdat dit kook.

Wanneer dik en glad, meng met fyngemaakte grasuie, 'n skeutjie sjerrie, 'n teelepel groente aftreksel (in poeiervorm) asook 'n eetlepel sagte bruinsuier, Engelse mosterd en sout, peper en rooipeper na smaak.

Hierdie is regtig 'n baie lekker resep en ek los soms van die laaste goed uit, en dit bly steeds lekker.
Terug Na Begin

VINNIGE MELKTERT RESEP

Dit maak 2 ronde gewone silwer voelie bakkies vol of anders die gewone glas vierkanttige tertbakke vol. Gebruik n kors van jou keuse. Hy het nie n spesifieke een nie.

Bestanddele:
1 Blik kondensmelk
50 ml Mesina
50 ml Vlapoeier
1 Eier
1 L Melk
Essense(Vanilla)
Kaneel

Metode:
Gooi die blik kondensmelk in n pot en maak die lee blik vol melk in gooi saam met die kondensmelk. Gooi altesaam 3 blikke melk saam met die 1 blik kondensmelk. Roer aanmekaar tot kook. Vat die laaste melk en meng dit saam met die eier,vlapoeier en Mesina. Sodra die melk/kondensmelk gekook het gooi die laaste melk mengsel met vla ens. by. Maak seker jy roer deeglik. Dit is geneig om vinnig vas te brand. Roer vir so 8 min en gooi die essense by.

Nou kan jy die mengsel in jou bak gooi en dadelik kaneel oorgooi. Los vir so rukkie buite totdat dit afgekoel het dan kan jy dit in die yskas sit. (Maak asb. net seker dat die mengsel n bietjie dukker geword het voordat jy dit oorgooi.)
Die tert stol vinnig. Wat ek gewoonlik doen is ek kook die kondensmelk en melk in die begin in die mikrogolf dan hoef ek nie aanmekaar te roer nie en dit brand ook nie vas nie. Ek maak net seker dat dit nie oorkook nie.
Terug Na Begin

VISBROOD

(bedien as 'n ligte maaltyd saam met slaai of as 'n voorgereg)

Bestanddele:
10 middelmatige aartappels, geskil, en gaargekook
Sout en peper na smaak
3 eetlepels botter of margarine
1 ui, gekap
1 pak (450g) bevrore stokvis (of gebruik meer as jy 'n groter brood wil maak)
3 eetlepels gekapte pietersielie
1 eetleper gerasperde parmesaankaak
wit van 1 eier
1 eetlepel water

Metode:
- Voorverhit oond tot 190caC
- Maak aartappels fyn en geur met sout en peper.
- Smelt botter in 'n pan en roerbraai die ui en vis tot gaar.
- Meng met die aartappels
- Voeg kaas en pietersielie by
- Gebruik waspapier en rol die mengsel in 'n broodvorm
- Plaas op 'n bakplaat
- Klits eierwit liggie en meng met die water.
- Verf oor die visbrood en bak tot goudbruin.

Bedien Met Die Volgende Sous:
Prut 3 eetlepel asyn, 1 eetlepel suiker, 3 eetlepels tamatieblatjang, 2
gekapte knoffelhuisies en 1 eetlepel sojasous saam in 'n pan.

Terug Na Begin

VISSOP

Bestanddele:
1 pak sampioensop
1 blik sampioensop
1 x 250 ml room
1 blik tuna
15 ml sjerrie

Metode:
Maak sop aan soos aanwysings, maar gebruik helfte melk en water.
Meng res by.
Roer tot kookpunt
(Addisioneel: voeg blikkie gemengde seekos by).
Terug Na Begin

VOORGEREG VAN PANNEKOEKE

Sit vulsel in pannekoeke soos:
Tuna gemeng met maiyonaise
Uie gekap
Stukkies komkommer of agurtjies
Kaas , ens

Rol op en sit bo-op mayonaise met pietersielie en tamatie wiggie en slaai.
Terug Na Begin

VULSEL VIR PANNEKOEKE

250 ml margarien
1 k suiker
1 e kookwater

Smelt stadig nie kook nie. Net voor dit kook gooi 1 t vinilla essence of kaneel by
1 eier klits goed en vou in bogenoemde

Sit pannekoeke in lou oond, smeer mengsel oor pannekoeke en rol op.
Terug Na Begin

WASGOEDBONDELTJIES

Bestanddele:
3 kop. meelblom.
1 eier.
sout.
113 g. ( 1/4 lb. ) margarien.
1 tl. bakpoeier.
kouewater.

Metode:
Sif dro bestanddele en vryf margarien in meel. Klits eier goed, voeg
by meel asook water tot dit kan uitrol. Rol dun uit, sny vierkante. Sit
vleisvulsel in middel en vou toe. Steek vas met kruienaeltjie. Braai
bruin in olie.

Vleisvulsel:
250 g. ( 1/2 lb. ) gemaalde vleis.
1 1/2 huisie knoffel of knoffelsout ( 1/4 tl. )
2 tl. olie.
gekapte pietersielie.
1 tl. kerrie.
1/2 ui gerasper.

Braai ui en knoffel en voeg ander bestanddele by.
Terug Na Begin

WITSOUS RESEP

Bestanddele:
* 1 k melk
* 1 e margarine
* 1 e meel
* knippie sout

Metode:
* Maak eers melk warm in mikrogolf (ongeveer 1-2 min)
* Haal melk uit, skep margarine in mikrogolfbak en smelt in mikrogolf
* Roer meel en sout by margarine. Sit weer vir net so 5s in.
* Roer nou melk by. Verhit in mikrogolf vir ongeveer 2 min tot dik,
roer gereeld.
Terug Na Begin

WORTELKOEK

Bestanddele:
1 kop. suiker
3/5 kop. gekapte neut
1/3 teel. koeksoda
1/2 teel. sout
1 kop. olie
3 eiers
1 1/3 kop meelblom
1/2 teel bakpoeier
2 teel kaneel
2 kop gerasperde wortels

Metode:
Klits suiker en olie saam. Voeg eiers een vir een by. Meng goed.
Sif dro bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Voeg nou
gerasperde wortels by en meng. Voeg neute by. Bak vir 3/4 - 1 uur
in 'n ronde gesmeerde pan.
Terug Na Begin

WORTELKOEK IN MIKROGOLF

Bestanddele:
180 gr / 370 ml Koekmeelblom
10 ml Kaneel
8 ml Koeksoda
3 ml Neutmuskaat
3 ml Sout
750 ml Gerasperde Wortels
300 gr / 375 ml Suiker
250 ml Olie
100 gr / 250 ml Neute gekap
3 Eiers Geklop
Versiersel (Die versiersel is bietjie baie vir die koek * kan dit verminder)
250 gr Gladde maaskaas
120 gr Botter
50 gr / 125 ml Okkerneute gekap
5 ml Vanieljegeursel
400 gr / 800 ml Versiersuiker - gesif

Metode:
Sif meelblom, kaneel, koeksoda, neut, sout saam. Hou eenkant.
Meng wortels met suiker, olie, neute en eiers. Meng goed.
Voeg dro bestanddele by. Roer goed. Skep mengsel in 'n diep mikrogolfringpan met 'n deursnee van 250 mm. (Gat in middel).
Plaas pan op 'n omgekeerde piering en mikrogolf 10 * 11 minute by 100% krag.
Laat effens afkoel. Keer op 'n dienbord uit.

Versiersel:
Klop maaskaas tot glad. Voeg botter by. Klop goed.
Voeg neute en geursel by. Meng deeglik. Voeg versiersuiker geleidelik by.
Klop dit tot die verlangde tekstuur. Smeer oor koek.
Terug Na Begin

WORTELSLAAI

Bestanddele:
1 kg wortels, in skyfies gesny
2 middelslag uie, in ringe gesny
1 klein soetrissie, ontpit en in repies gesny
1 pakkie tamatiesop
250 ml water
sout en peper na smaak
200 ml wit asyn
125 ml kookolie
250 ml suiker
10 ml Worcestershire-sous
7 ml mosterd

Metode:
Kook wortels tot halfgaar, dreineer en laat koud word. Rangskik wortels,
soetrissierepe en uieringe in lae in 'n groot bak. Meng res van bestanddele,
verhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook 2 minute. Gooi warm oor slaai
en laat dit met behulp van 'n mes in die middel en langs die kante van die
slaai inloop. Laat afkoel, sit deksel op en marineer twee dae in die koelkas
voor gebruik.
Terug Na Begin

YOGHURT TERT

Bestanddele:
1 liter yoghurt
1 pakkie jellie - (yogurt & jellie moet selfde soort wees bv. Strawberry)
1 blik kondensmelk
1 pak tennisbeskuitjies

Maak jellie aan met 1 koppie warm water.
Gooi Yoghurt, kondensmelk & jellie bymekaar
Meng goed

Metode:
Pak beskuitjies in bak & gooi bestanddele oor sit in yskas & laat stol.
Terug Na Begin

YSKASTERT

Bestanddele:
1 pak. Tennis beskuitjies
2 sakkies Orley Whip
sjokolade versiersuiker
sterk, swart koffie - koud

Metode:
Week beskuitjies vinnig in koue koffie. Dan dun lagie versiersuiker en dan lagie room. Rasper Peppermint Crisp oor elke lagie room. Boonste laag room. Versier met vermicilli of peppermint crisp.
Terug Na Begin